SV Spielberg is 'n sportklub uit Karlsbad in die deelstaat Baden-Württemberg in Duitsland. Benewens sokker, het die klub ook 'n gimnastiek-afdeling vir dames. Spielberg is 'n dorpswyk van Karlsbad wat tot in 1971 'n onafhanklike dorp was.

Die klub is in 1920 met die huidige naam gestig, maar in 1933 weer verbied deur die Nazi’s aangesien dit as 'n arbeidersklub beskou is. Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub in 1946 herstig en in 1975 het die klub sy grootste prestasie behaal deur die eerste rondte van die DFB-Pokal te haal.

Jens Nowotny, wat tussen 1997 en 2006 48 wedstryde vir die Duitse nasionale span gespeel het, het in 1978 as vierjarige by die klub aangesluit en tot 1985 vir die klub se jeugspanne uitgedraf.

Onlangse ligaposisionering 1993-94 (VI) Landesliga 1ste 1994-95 (V) Verbandsliga N-Baden 5de 1995-96 (V) Verbandsliga N-Baden 6de 1996-97 (V) Verbandsliga N-Baden 8ste 1997-98 (V) Verbandsliga N-Baden 7de 1998-99 (IV) Verbandsliga N-Baden 3de 1999-00 (IV) Verbandsliga N-Baden 9de 2000-01 (V) Verbandsliga N-Baden 12de 2001-02 (V) Verbandsliga N-Baden 12de 2002-03 (V) Verbandsliga N-Baden 6de 2003-04 (V) Verbandsliga N-Baden 9de 2004-05 (V) Verbandsliga N-Baden 3de 2005-06 (V) Verbandsliga N-Baden 4de 2006-07 (V) Verbandsliga N-Baden 7de 2007-08 (V) Verbandsliga N-Baden 6de 2008-09 (VI) Verbandsliga N-Baden 1ste 2009-10 (V) Oberliga Hesse

Eksterne skakels Amptelike klubwerf

Oberliga Baden-Württemberg 2009/10-seisoen Bahlinger SC| TSG Balingen| SV Bonlanden| TSV Crailsheim| FC Denzlingen| ASV Durlach| SGV Freiberg| TSG Hoffenheim II| FV Illertissen| Kehler FV| VfL Kirchheim| FC Nöttingen| 1. FC Normannia Schwäbisch Gmünd| SV Spielberg| Stuttgarter Kickers II| FC 08 Villingen| FC Astoria Walldorf| TSG Weinheim|

Spielberg