Loftus Versfeld is 'n sportstadion in Pretoria, Suid-Afrika. Die stadion het sitplek vir 51 762 mense en het ook losies en 'n verskeidenheid ander fasiliteite. Dit is vernoem na Robert Loftus Owen Versfeld, die stigter van die Pretoriase sportorganisasie. Dit is die tuisveld van twee rugbyklubs (Blou Bulle en Bulls) en twee sokkerklubs (Kaizer Chiefs en Mamelodi Sundowns).

Klein verbouings is aangebring om Loftus Versfeld tydens die eerste en tweede rondtes van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 te kon gebruik. Verligting van die veld, klanktoerusting, telborde en die stadion se dak is verbeter. Die opknappings is in Januarie 2009 voltooi.

Die stadion se hoofingang is by Kirknessstraat 440, en is geleë in 'n driehoek tussen Arcadia, Sunnyside en Hillcrest, aangrensend aan die Universiteit van Pretoria en Afrikaanse Hoër Seunskool.

Fotogalery

Wedstryde en toernooie Rugbywêreldbeker 1995

DatumSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers26 Mei 199538–10Groep D25 00030 Mei 1995 41–5Groep D21 0003 Junie 1995 22–19Groep D40 00011 Junie 199548–30Kwarteindronde20 00022 Junie 199519–9Klein finale45 000

FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers15 Junie 200920:301–3Groep B34 34118 Junie 200916:000–3Groep B39 61721 Junie 200920:300–3Groep B41 195

FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers13 Junie 201016:000–1Groep D38 83316 Junie 201020:300–3Groep A42 65819 Junie 201020:301–2Groep E38 07423 Junie 201016:001–0Groep C35 82725 Junie 201020:301–2Groep H41 95829 Junie 201016:000–0 (5–3 n.S.)Agtste eindrondte36 742

Internasionale boks Op 20 Oktober 1979, het die Suid-Afrikaanse swaargewigbokser, Gerrie Coetzee, die onoorwonne Amerikaanse swaargewig John Tate op Loftus uitgedaag vir die vakante WBA Wêreldswaargewigtitel voor 'n rekordskare van 80 000 toeskouers. Ondanks massiewe ondersteuning in die stadion het Coetzee met punte verloor teen die Amerikaner. Die duurste krytsitplekke is plat op die rugbyveld uitgeplaas, terwyl toeskouers op die (agterste) staalpawiljoene maar hul verkykers moes byderhand hou om die aksie te volg.

Musiekkonserte Loftusstadion het reeds vele musiekbyeenkomste gehuisves, insluitend konserte deur UB40 en Robbie Williams se Close Encounters Tour op 17 April 2006 (bywoningstal meer as 60 000). Kanadese superster Celine Dion het ook haar Taking Chances Tour oor twee aande hier aangebied op 16 en 17 Februarie 2008 met 'n totale bywoning van ongeveer 80 000.

Vir die 1999-opvoering van Verdi se opera Aida, is honderde plaaslike "ekstras" ingespan as rugsteun vir internasionale musikante en sangers.

Sien ook Lys van stadions in Suid-Afrika

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:FIFA Wêreldbekerstadions Kategorie:Geboue en strukture in Pretoria Kategorie:Rugbystadions in Suid-Afrika Kategorie:Rugbywêreldbekerstadions Kategorie:Sokkerstadions in Suid-Afrika Kategorie:Sport in Pretoria