SV Blouwit Bornreihe is 'n sokkerklub uit Vollersode in die deelstaat Neder-Sakse in Duitsland. Bornreihe is 'n dorpswyk van Vollersode.

Die klub is in 1932 deur 'n groep jong mans in die restaurant Badbergen in Bornreihe gestig met die huidige naam. Tydens die Tweede Wêreldoorlog is die klub tot stilstand gedwing as gevolg van te veel spelers wat vir militêre diens opgeroep is en die klub is eers weer in 1948 herstig. Die klub het die grootste deel van sy bestaan in die laer ligas deurgebring.

Die Duitse nasionale vroue-kampioen (status: Augustus 2009) in steinstoßen ('n Switserse variant van gewigstoot), Claudia Kanaan, is aan die klub verbonde en neem onder die klubnaam aan kompetisies deel.

Onlangse ligaposisionering 1998-99 (VI) Landesliga Lüneburg 1ste 1999-00 (V) Verbandsliga N-Sakse-O 11de 2000-01 (V) Verbandsliga N-Sakse-O 15de 2001-02 (VI) Landesliga Lüneburg 3de 2002-03 (VI) Landesliga Lüneburg 2de 2003-04 (VI) Landesliga Lüneburg 3de 2004-05 (VI) Landesliga Lüneburg 3de 2005-06 (VI) Landesliga Lüneburg 1ste 2006-07 (V) Verbandsliga N-Sakse-O 5de 2007-08 (V) Verbandsliga N-Sakse-O 5de 2008-09 (VI) Verbandsliga N-Sakse-O 13de 2009-10 (V) Oberliga Nedersakse-O

Eksterne skakels Amptelike klubwerf

Oberliga Neder-Sakse Oos 2009/10-seisoen SV Ahlerstedt-Ottendorf - SV Blouwit Bornreihe – Eintracht Brunswyk II – FT Brunswyk – Rooiwit Cuxhaven – SV Drochtersen-Assel – MTV Gifhorn – SVG Göttingen 07 – TuS Güldenstern-Stade – TuS Heeslingen – VfV Borussia 06 Hildesheim - FC Hansa Lüneburg – FC Eintracht Northeim – BSV Ölper 2000 – VSK Osterholz-Scharmbeck – TSV Ottersberg – USI Lupo-Martini Wolfsburg

Bornreihe