Die Huis van Normandië is die naam wat gebruik word vir die konings van Engeland ná die Normandiese verowering in 1066. Die invallende Normandiërs en hul nageslag het die Engelse heersersklas vervang. Die adel van Engeland was deel van ’n enkele Franssprekende kultuur en baie het grond weerskante van die Engelse kanaal besit. Die vroeë Normandiese konings van Engeland was as Hertoë van Normandië onderhorig aan die koning van Frankryk. Hulle het Engeland nie noodwendig as hul belangrikste eiendom beskou nie (hoewel dit hulle die titel koning besorg het – ’n belangrike statussimbool).
Die bewind van die Huis van Normandië het geduur tot met die totstandkoming van die Plantagenet-dinastie in 1154. Dit het Willem die Veroweraar en sy erfgename tot in 1135 ingesluit. Daarna is dit betwis deur Willem se kleinkinders Matilda en Stephen van die Huis van Blois (of die Blesevin-dinastie).
Dit was eers ná die Normandiese verowering dat Engelse monarge volgens die Franse manier genommer is, hoewel die vroeëre gebruik om konings deur byname te onderskei, nie dadelik uitgesterf het nie.
Engelse monarge van die Huis van Normandië
| Willem I die Veroweraar25 Desember1066–1087 || 100px|William the Conqueror depicted at the Battle of Hastings, on the Bayeux Tapestry || c. 1028Falaise-kasteelseun van Robert I, Hertog van Normandië en Herleva || Matilda van VlaandereChapel Notre Dame, Normandië 105310 kinders || 9 September 1087Sint Gervais in Rouenop sowat 59. Begrawe in Etienne-abdy (Abbaye aux Hommes) in Caen |- | Willem II Rufus(Willem le Roux)26 September1087–1100 || 100px|William Rufus depicted in the Stowe Manuscript || c. 1060Normandiëseun van Willem die Veroweraar en Matilda van Vlaandere || ongetroud || 2 Augustus 1100New Forestop sowat 40 |- | Hendrik I(Henri Beauclerc)5 Augustus1100–1135 || 100px|Henry I || September 1068Selbyseun van Willem die Veroweraar en Matilda van Vlaandere || (1) Edith van SkotlandWestminster-abdy11 November 1100vier kinders(2) Adeliza van LouvainWindsor-kasteel29 Januarie 1121geen kinders || 1 Desember 1135 Kasteel van Lyons-la-Forêt (Saint-Denis-en-Lyons)op 67. Begrawe in Reading-abdy |- | Stephen I(Étienne de Blois)22 Desember1135–1154 || 100px|Stephen || c. 1096Bloisseun van Stephen, Graaf van Blois en Adela van Normandië || Matilda van BoulogneWestminster1125vyf kinders || 25 Oktober 1154Dover-kasteelop sowat 58 |- | Matilda(Mathilde ouMahaut l'emperesse)7 April – 1 November 1141Matilda het dieselfde tyd as Stephen regeer, maar haar bewind is betwis. Titel betwis || 100px|Matilda || 7 Februarie 1102Sutton Courtenayenigste wettige dogter van Hendrik I en Edith van Skotland || (1) Hendrik V, Heilige Romeinse KeiserMainz6 Januarie 1114geen kinders(2) Geoffrey V, Graaf van AnjouLe Mans-katedraal22 Mei 1128drie kinders || 10 September 1167Notre Dame du Pré in Rouenop 65
Verwysings
Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel :en:Norman dynasty