Kimi-Matias Räikkönen (gebore 17 Oktober 1979 in Espoo), byname Iceman en Kimster, is 'n uitgetrede Finse Formule Een motorrenbestuurder wat vir Alfa Romeo-Ferrari tot in 2021 gejaag het. Hy was die Formule Een-wêreldbestuurderskampioen in 2007, en het ook aan 22 wêreldtydrenne in 2009–2011 deelgeneem, maar met min sukses.

Tydrenloopbaan duimnael|links|Räikkönen bestuur 'n Citroën C4 WRC in die 2010 Bulgaarse Tydren. Räikkönen het sy tydrendebuut in die Arktiese Laplandtydren gemaak, wat van 23-24 Januarie 2009 plaasgevind het, deur 'n Tommi Mäkinen Racing-voorbereide Abarth Grande Punto S2000 te bestuur. Hy het die 13de plek behaal. Räikkönen het sy WRC-debuut in die Finse tydren gemaak, van 30 Julie tot 2 Augustus 2009, slegs vier dae na sy tweede plek in die Hongaarse Grand Prix.Raikkonen to make rally debut, BBC News, 29 June 2009 21:52 GMT (Verkry 30 Junie 2009) Hy was derde in groep N en 15de algeheel voordat hy in Väärinmaja, die laaste sneldeel van Saterdag, die pad byster geraak het.

Op 4 Desember 2009 is aangekondig dat Räikkönen heeltemal van Formule 1 na die Wêreldtydrenkampioenskap sou skuif vir die 2010-seisoen, as 'n voltydse bestuurder vir die Citroën Juniorspan,Kimi Raikkonen signs with Citröen junior rally team AUSmotive.com, 4 Desember 2009 en dat hy 'n Red Bull-geborgde Citroën C4 WRC met sy medebestuurder, Kaj Lindström, sou beman.

Op 3 April 2010 het Räikkönen sy eerste WRC-punte behaal toe hy agtste in die Tydren van Jordanië geëindig het. Hy het gevolglik slegs die tweede bestuurder geword na Carlos Reutemann om kampioenskapspunte in beide Formule Een en die Wêreldtydrenkampioenskap aan te teken.In die volgende WRC-tydren, die Tydren van Turkye, het Räikkönen sy beste uitslag verbeter met 'n vyfde plek, 6m 44.3s agter die wenner, Sébastien Loeb. Met dié uitslag het hy 'n hele paar gevestigde en meer ervare bestuurders in die veld geklop.

duimnael|Räikkönen in die 2010 Tydren Finland. Hy het sewende gekom in die Tydren van Duitsland, sy tweede teertydren, terwyl hy sy eerste loopbaansneldeel gewen het, die laaste trajek van die tydren. Op 18 September 2010 het Räikkönen sy eerste tydrenoorwinning behaal toe hy aan die Rallye Vosgien 2010 in Frankryk deelgeneem het. Hy het al ses sneldele van die teertydren gewen.25EME RALLYE NATIONAL VOSGIEN Räikkönen kon nie in die Rally Catalunya begin nie, want hy het in die openingsdeel gerol, die rolkas beskadig, en die span het nie genoeg tyd gehad om dit te herstel nie. Daarna het Räikkönen besluit om nie aan die res van die tydren deel te neem nie, selfs al kon hy wel onder die superreëls. Die rede hiervoor was om nie die motor verder te beskadig nie. Räikkönen het die seisoen van die 2011 Wêreldbyeenkoms in 2011 onder sy eie vaandel, ICE 1 Racing, gejaag. Hy het 'n Citroën DS3 WRC bestuur. Hy het agtste geëindig in die openingsrondte, die Sweedse Tydren. Hy het daarna Meksiko oorgeslaan en aan die Portugese Tydren deelgeneem en sewende geëindig.

Formule Een-uitslae

2001 – 2009 Jaar Inskrywer Onderstel Enjin12345678910111213141516171819PlekPunte2001Red Bull Sauber PetronasSauber C20Sauber Petronas 01A 3.0 V10AUSMALBRASMRSPAOOSMONKANEURFRAGBRDUIHONBELITAVSAJPN10de92002West McLaren MercedesMcLaren MP4-17Mercedes FO 110M 3.0 V10AUSMALBRASMRSPAOOSMONKANEURGBRFRADUIHONBELITAVSAJPN6de242003West McLaren MercedesMcLaren MP4-17DMercedes FO 110M/P 3.0 V10AUSMALBRASMRSPAOOSMONKANEURFRAGBRDUIHONITAVSAJPN2de912004West McLaren MercedesMcLaren MP4-19Mercedes FO 110Q 3.0 V10AUSMALBHRSMRSPAMONEURKANVSA7de45McLaren MP4-19BFRAGBRDUIHONBELITACHNJPNBRA2005West McLaren MercedesMcLaren MP4-20Mercedes FO 110R 3.0 V10AUSMALBHRSMRSPAMONEURKANVSAFRAGBRDUIHONTURITABELBRAJPNCHN2de1122006McLaren MercedesMcLaren MP4-21Mercedes FO 108S 2.4 V8BHRMALAUSSMREURSPAMONGBRKANVSAFRADUIHONTURITACHNJPNBRA5de652007Scuderia Ferrari MarlboroFerrari F2007Ferrari 056 2.4 V8AUSMALBHRSPAMONKANVSAFRAGBREURHONTURITABELJPNCHNBRA1ste1102008Scuderia Ferrari MarlboroFerrari F2008Ferrari 056 2.4 V8AUSMALBHRSPATURMONKANFRAGBRDUIHONEURBELITASINJPNCHNBRA3de752009Scuderia Ferrari MarlboroFerrari F60Ferrari 056 2.4 V8AUSMALCHNBHRSPAMONTURGBRDUIHONEURBELITASINJPNBRAABU6de48

Hy het nie in 2010 en 2011 aan F1 deelgeneem nie

2012 – 2018 Jaar Inskrywer Onderstel Enjin 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 Plek Punte 2012 Lotus F1-span Lotus E20 Renault RS27-2012 2.4 V8 AUS7 MAL5 CHN14 BHR2 SPA3 MON9 KAN8 EUR2 GBR5 DUI3 HON2 BEL3 ITA5 SIN6 JPN6 KOR5 IND7 ABU1 VSA6 BRA10 3 207 2013 Lotus F1-span Lotus E21 Renault RS27-2013 2.4 V8 AUS1 MAL7 CHN2 BHR2 SPA2 MON10 KAN9 GBR5 DUI2 HON2 BELDNF ITA11 SIN3 KOR2 JPN5 IND7 ABUDNF VSA BRA 5 183 2014 Scuderia Ferrari Ferrari F14 T Ferrari 059/3 1.6 V6 AUS7 MAL12 BHR10 CHN8 SPA7 MON12 KAN10 OOS10 GBRDNF DUI11 HON6 BEL4 ITA9 SIN8 JPN12 RUS9 VSA13 BRA7 ABU10 12 55 2015 Scuderia Ferrari Ferrari F15 T Ferrari 059/4 1.6 V6 AUSDNF MAL4 CHN4 BHR2 SPA5 MON6 KAN4 OOSDNF GBR8 HONDNF BEL7 ITA5 SIN3 JPN4 RUS8 VSADNF MEXDNF BRA4 ABU3 4 150 2016 Scuderia Ferrari Ferrari SF16-H Ferrari 061 1.6 V6 AUSDNF BHR2 CHN5 RUS3 SPA2 MONDNF KAN6 EUR4 OOS3 GBR5 HON6 DUI6 BEL9 ITA4 SIN4 MAL4 JPN5 VSADNF MEX6 BRADNF ABU6 6 186 2017 Scuderia Ferrari Ferrari SF70-H Ferrari 062 1.6 V6 AUS 4 CHN 5 BHR 4 RUS 3 SPA DNF MON 2 KAN 7 AZE 14 OOS 5 GBR 3 HON 2 BEL 4 ITA 5 SIN DNF MAL DNF JPN 5 VSA 3 MEX 3 BRA 3 ABU 20px4 4 205 2018 Scuderia Ferrari Ferrari SF71-H Ferrari 062 EVO V6 AUS3 BHRDNF CHN3 AZE2 SPADNF MON4 KAN6 FRA3 OOS2 GBR3 DUI3 HON3 BELDNF ITA2 SIN5 RUS4 JPN5 VSA1 MEX3 BRA3 ABUDNF 3 251 Seisoen Inskrywing Onderstel Enjin 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 Plek Punte

2019 – 2021 Seisoen Inskrywing Onderstel Enjin 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 Pos. Punte 2019 Alfa Romeo Racing Alfa Romeo C38 Ferrari 064 V6 AUS8 BHR7 CHN9 AZE10 SPA14 MON17 KAN15 FRA7 OOS9 GBR8 DUI12 HON7 BEL16 ITA15 SINDNF RUS13 JPN12 MEXDNF VSA11 BRA4 ABU13 12de 43 2020 Alfa Romeo Racing Alfa Romeo C39 Ferrari 065 V6 OOSDNF STI11 HON15 GBR17 70J15 SPA14 BEL12 ITA13 TOS9 RUS14 EIF12 POR11 EMI9 TUR15 BAH15 SAK14 ABU12 16de 42021 Alfa Romeo Racing Alfa Romeo C41 Ferrari 065/066 V6 BAH11 EMI13 PORDNF SPA12 MON 11 AZE 10 FRA 17 STI 11 OOS 16 GBR 15 HON 10 BEL 18 NED DNS(covid) ITA ND(covid) RUS 8 TUR 12 VSA 13 MXS 8 SAP 12 KAT 14 SAU 15 ABU DNF 16de 10

Verwysings

Kategorie:Finse renjaers Kategorie:Formule Een-renjaers Kategorie:Formule Een-Wêreldbestuurderskampioene Kategorie:Geboortes in 1979 Kategorie:Lewende mense