Rouverwerking is 'n vorm van psigoterapie wat daarop gemik is om mense te help om die fisiese, emosionele, sosiale, geestelike en kognitiewe reaksies op verlies te hanteer. Daar word algemeen geglo dat hierdie ervarings veroorsaak word deur 'n geliefde se dood, maar dit kan meer breedvoerig verstaan word as gevorm deur enige beduidende lewensveranderende verlies (bv. egskeiding, 'n huis wat uitgewin word, of die verlies van 'n werk).

Rouverwerkingsberaders glo dat elkeen rou op persoonlik, unieke manier beleef en uitdruk wat gevorm word deur gesinsgtergrond, kultuur, lewenservarings, persoonlike waardes en intrinsieke oortuigings. Hulle glo dat dit nie ongewoon is dat 'n persoon hom- of haarself van hul vriende en familie te onttrek en hulpeloos voel nie; sommige mag kwaad wees en aksie wil neem. Sommige mag lag terwyl ander sterk spyt of skuldgevoelens ervaar. Traanloosheid of die gebrek aan huil kan albei as gepaste uitdrukkings van rou gesien word.

Rouverwerkingsberaders weet dat mens 'n wyereeks emosies en gedrag wat met rou verbrand hou, kan verwag. Sommige beraders glo dat die rouende persoon in feitlik alle plekke en kulture baat vind by die ondersteuning van ander. Verder glo rouverwerkingsberaders dat waar sulke ondersteuning ontbreek, berading 'n weg vir gesonde verwerking kan bied. Rouverwerkingsberaders glo ook dat die rouproses in sekere situasies onderbreek kan word. Dit kan byvoorbeeld gebeur wanneer die naasbestaande gelyktydig praktiese sake van oorlewing moet hanteer of die rol moet aanneem om die sterke te wees wat die familie mekaar hou. In sulke gevalle kan rou onverwerk bly en later weer na vore kom as 'n kwessie wat berading vereis.

Berading Rouverwerkingsberading word gewoonlik aanbeveel vir individue wat probleme ondervind om 'n persoonlik beduidende verlies te hanteer. Rouverwerkingsberading fasiliteer die uitdrukking van emosie en gedagtes oor die verlies, insluitend gevoelens van hartseer, angs, woede, eensaamheid, skuldgevoelens, verligting, geïsoleerdheid, verwarring, ensovoorts.

Verwysings