'n Geldoekie is 'n bevogtigende gel wat op droë toiletpapier aangebring word vir skoonmaakdoeleindes, soos persoonlike higiëne, of om velirritasie weens diarree te verminder. Dit is in die 2010's ontwikkel as 'n omgewingsvriendelike alternatief vir nat doekies .
Geskiedenis Die Estse Siim Saat word in 2011 as die skepper van geldoekies beskou. In 2016 was hy onder sewe entrepreneur wêreldwyd wat genomineer is vir 'n toekenning deur die Healthcare Startup Society in Londen by die Healthcare Startup Conference. Geldoekies word gesien as die oplossing vir natdoekbesoedeling.
Alhoewel dit hoofsaaklik geadverteer word vir die reinigig van boude, is dit nie ongebruiklik om dit teen velirritasie te gebruik nie, in die geval van diarree of selfs as 'n alternatief vir water en seep op staproetes.
Geldoekies is aanvanklik bemark as 'n bykomende higiëneproduk vir toiletpapier deur die SATU-laboratorium, as 'n luukse opsie deur St Joseph's Toiletries of as 'n tendensproduck deur Zum Bum, en Zero Taboos wat Wipegel vervaardig. Baie volwassenes gebruik nou jeldoekies met toiletpapier as 'n alternatief vir nat doekies wat omgewings- en rioolprobleme veroorsaak. Alle nat doekies wat as "spoelbaar" in die VK verkoop word, het tot dusver die waterbedryf se disintegrasietoetse gedruip, het die BBC bevind. 'n Studie deur Ryerson Universiteit het 23 doekies met die "spoelbaar"-etiket ondersoek en slegs twee geidentifiseer wat gedeeltelik gedisintegreer het.
Sien ook
Anale higiëne
Verwysings