duimnael|Die buiteblad van Mitch Albom se topverkoper-roman Die boek The five people you meet in heaven is 'n topverkoper-roman deur die bekroonde Mitch Albom, wat in 2003 gepubliseer is. Hierdie filosofiese fiksie verken die hiernamaals deur die oë van 'n pretparkwerktuigkundige genaamd Eddie (gebaseer op Albom se oom), wat in 'n ongeluk by 'n pretpark omkom en na die hemel gaan; daar ontmoet hy vyf mense wat 'n beduidende invloed op hom gehad het toe hy nog geleef het (of mense op wie sy lewe 'n beduidende invloed gehad het). Die boek is deur Hyperion uitgegee en het vir 95 weke op die New York Times-topverkoperlys verskyn.
Storielyn Die roman begin met 'n aftelling tot die dood van Eddie, 'n kreupel, bejaarde man wat by Ruby Pier, 'n strandpark as onderhoudstegnikus werksaam is. Eddie het nog altyd daarvan gedroom om Ruby Pier te verlaat en elders 'n nuwe lewe te begin, maar dit het nooit gebeur nie. Op 'n gewone dag sien hy 'n karretjie van die rit 'Freddy's Free Fall' wat los hang en die passasiers se veiligheid bedreig. Hy help vinnig om die mense uit te kry, maar besef toe dat die karretjie wat reg bo 'n jong meisie hang, steeds gaan val. Eddie storm vorentoe om haar te red, maar sterf wanneer die karretjie op hom neerstort. Nadat Eddie sterf, gaan hy hemel toe en drywe deur verskuiwende kleure totdat hy die Blou Man ontmoet, 'n voormalige sirkusarties van Ruby Pier. Die Blou Man verduidelik dat Eddie vyf mense in die hemel sal ontmoet, wat elkeen vir hom 'n les oor homself sal leer, en vertel dan sy eie. Sy dood was aan Eddie gekoppel, toe jong Eddie 'n bal in die straat agternagesit het, het die Blou Man uitgeswaai om hom nie raak te ry nie en 'n noodlottige hartaanval gekry. Deur hierdie ervaring leer Eddie die eerste les: dat alle mense se lewens verbind is, selfs dié van vreemdelinge.
Die tweede persoon wat Eddie ontmoet, is sy aanvoerder uit die oorlog. Vier van sy manskappe, insluitend Eddie, is saam met dié kaptein in die Filippyne gevange geneem. Die kaptein is deur 'n landmyn gedood toe hulle na maande van gevangenskap tussen wrede vyandige soldate deur probeer onstap het. Eddie was oortuig dat daar nog 'n kind in 'n tent was wat hy aan die brand gesteek het, en hy het ingegaan om dié te red. Terwyl daar op hom gevuur is, is hy in die been getref, wat hom vir die res van sy lewe as 'n verbitterde kreupele gelaat het. Sy grootste wrok was dat hy 'n onproduktiewe lewe moes lei deur ritte 'n pretpark te onderhou as gevolg van die oorlog en sy besering. In hierdie tweede ontmoeting in die hemel ontdek hy dat sy kaptein hom geskiet het om hom te red van verbranding in die tent. Hy aanvaar uiteindelik die kaptein se daad, wat vasbeslote was om niemand agter te laat nie. Die les wat hy leer, is dat niemand verniet sterf nie en dat wanneer jy iets kosbaars opoffer, soos 'n been, jy altyd iets wen. Eddie weet egter nog nie wat hierdie situasie hom baat nie.
Die derde persoon wat Eddie ontmoet, is 'n vrou genaamd Ruby, na wie Ruby Pier lank voor Eddie se tyd vernoem is. Hy ontmoet haar naby 'n eetplek, waar Eddie geskok is om sy vader te sien. Sy neem hom na 'n toneel in sy gesin se kombuis waar 'n ou vriend van sy vader, Mickey Shea, probeer om sy moeder aan te rand. Sy pa daag by die huis op en verjaag Mickey met 'n hamer. Dit eindig egter waar hy hom van 'n selfmoordpoging deur verdrinking by die Pier weerhou. Ruby verduidelik dat sy vader kwaad was, maar dat hy nie 'n ou vriend kon laat sterf sonder om te probeer help nie. Mickey was 'n vriend in tye van nood, al was hy dronk en werkloos. Sy vader het hul albei uit die water gekry, maar kon self nie van die strand af opstaan nie, en het ure daar bly lê. 'n Paar weke later sterf hy aan longontsteking, en Eddie werk daarna by die Pier om sy vader se werk te behou. Nadat sy vader sterf bly Eddie in hierdie pos, en hy en Maguerite trek na die dieselfde woonstelblok waar hy grootgeword het. Die les wat Ruby hom leer, is dat woede selfvernietigend is en dat hy moet kan praat, omdat hy reeds verder in die hemel aanbeweeg het. Eddie sê vir hom dat hy hom vergewe het, en sy wrok laat vaar.
Die vierde persoon wat Eddie ontmoet, is sy vrou, Maguerite. Hulle verhouding was vervullend en gelukkig, al het dit 'n slegte tydperk beleef toe Eddie geld by 'n renbaan verloor het. Daardie geld sou hulle gebruik het vir die aanneming van 'n kind wat Maguerite baie graag wou hê, aangesien sy nie kinders kon kry nie. Hy het haar van die renbaan af gebel om te sê dat hy wen, maar sy was kwaad en het hom gesmeek om huis toe te kom. Uit wrok het hy toe alles wat hy gewen het op die spel geplaas en dit verloor. Sy het berou gehad dat sy kwaad was toe hy gebel het, en het na die renbaan gery om dit aan hom te sê. Onderweg was sy in 'n ongeluk betrokke waarin sy ernstig beseer is. Uiteindelik het hulle hierdie terugslag oorkom, en kon vir die laaste drie jaar voor sy aan 'n breingewas gesterf het, weer herenig wees en mekaar ondersteun. Nou het hulle 'n gelukkige hereniging in die hemel, teen die agtergrond van verskeie huwelikke uit verskillende oorde. Die les wat hy uit hierdie vierde ontmoeting leer, is dat liefde steeds liefde bly, alhoewel dit 'n ander vorm aanneem. Al moet die lewe eindig, vergaan die liefde nooit nie.
Die vyfde persoon wat Eddie ontmoet, is 'n jong meisie genaamd Tala, wat hy probeer red het in die brandende tent in die Filippyne tydens die oorlog. Sy vra hom om 'n klip te neem en haar te was soos haar moeder gedoen het. Wanner hy dit doen, word al die skade wat vuur veroorsaak het, weggespoel. Sy vra hom waarom hy so ongelukkig op aarde was, en hy sê dit was omdat hy nooit iets bereik het nie. Sy vertel hom dat hy presies daar was waar hy moes wees, om kinders veilig te hou op ritte, vir haar onthalwe. Sy sê ook dat hy wel die jong meisie van die vallende karretjie gered het en dat die hande wat hy gevoel het toe hy gesterf het, haar eie, Tala, se hande was. Sy het hom na die hemel gebring om hom veilig te hou, sê sy. Uiteindelik voel Eddie vrede. Hy word dan teruggevoer na Maguerite om die ewigheid saam haar in die hemel deur te bring.
Verwysings
Bibliografie
Kategorie:Engelse romans