Afstandsonderrig, ook bekend as afstandsonderwys, is 'n vorm van onderrig waar studente nie altyd fisies by 'n skool of ander onderwysinstelling teenwordig is nie, of waar die leerder en onderwyser deur tyd en afstand van mekaar geskei is. Vandag behels afstandsonderrig gewoonlik aanlynonderrig (ook bekend as aanlynleer, afstandleer of afstandsonderwys) wat deur middel van 'n aanlynskool aangebied word.(genoem hibriede of gemengde onderrig).

Massiewe oop aanlyn kursusse (MOOCs), wat grootskaalse interaktiewe deelname en oop toegang deur die Wêreldwye Web of ander netwerktegnologieë bied, is ’n onlangse onderwysvorm binne afstandsonderrig. ’n Verskeidenheid ander terme (verspreide leer, e-leer, m-leer, virtuele klaskamer, ens.) word min of meer sinoniem met afstandsonderrig gebruik.E-leer het bewys dat dit ’n nuttige onderwysinstrument is. Dit behoort ’n interaktiewe proses te wees met verskeie leerwyses wat voorsiening maak vir alle leerders op verskillende vlakke van leer. Die afstandsonderrigomgewing is ’n opwindende plek om nuwe dinge te ontdek, saam met ander te werk, en selfdissipline te ontwikkel en te behou.

Histories het afstandsonderrig hoofsaaklik bestaan uit korrespondensiekursusse, waar studente per pos met onderwysinstansies gekorrespondeer het. Met die ontwikkeling van verskillende tegnologieë het hierdie vorm van onderrig egter uitgebrei om videokonferensies, televisie en uiteindelik die Internet in te sluit.

Geskiedenis Een van die vroegste pogings tot afstandsonderrig is in 1728 geadverteer. 'n Advertensie in die Boston Gazette het melding gemaak van Caleb Philipps, 'n onderwyser wat 'n nuwe metode van snelskrif aangebied het. Hy was op soek na studente wat hierdie vaardigheid deur middel van weeklikse lesse per pos wou aanleer.

Verwysings

Kategorie:Onderwys