Christobel Thandiwe Nontenja (gebore 3 Februarie 1956) is 'n Suid-Afrikaanse politikus en sakevrou wat sedert 2024 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika is, wat die United Democratic Movement verteenwoordig, waarvan sy as die nasionale tesourier dien. Sy was voorheen 'n raadslid van die Stad Johannesburg.

Lewe en loopbaan Nontenja het in Mount Frere grootgeword en skool gegaan by Colana Hoërskool waar sy gematrikuleer het. Sy hou diplomas in boekhou, besigheidsbestuur rn politieke leierskap. Sy was in die besigheidsektor werksaam voor sy by politiek betrokke geraak het.

Na die nasionale en provinsiale verkiesings van 2024 was Lennox Gaehler nie beskikbaar om as 'n UDM-parlementslid in die Nasionale Vergadering te dien nie. Nontenja, as die volgende kandidaat op die partylys, is gekies om sy setel in te neem. Sy is 'n lid van die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge en die Portefeuljekomitee oor Verdediging en Militêre Veterane. Nontenja is ook die UDM se hoofsweep.

Verwysings

Eksterne skakel Nasionale Vergadering biografie van Nontenja

Kategorie:Geboortes in 1956 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika Kategorie:Suid-Afrikaanse politici Kategorie:Xhosas Kategorie:Politici van die United Democratic Movement