Die Nelson Mandela Metropolitaanse Kunsmuseum is op 22 Junie 1956 as die Koning George VI-kunsmuseum geopen. Dit is geleë in St George's Park in Port Elizabeth, Suid-Afrika. Dit is in Desember 2002 hernoem ter ere van Nelson Mandela, en om saam te val met die naam van die Nelson Mandelabaai Metropolitaanse Munisipaliteit, waarvan Port Elizabeth (op daardie tydstip, nou Gqeberha) deel is.
Lokaal en versamelings Die Kunsmuseum is by die ingang na St George's Park in Gqeberha gelieë. Dit bestaan uit twee geboue en het drie vertoonsale wat versamelings huisves, met 'n klem op kuns uit die Oos-Kaap, sowel as Britse kuns. Daar is ook internasionale drukkuns en Oosterse kuns, wat Indiese miniatuurkuns en Chinese tekstiele insluit. Die galery het beperkte ruimte, dus word die permanente versameling op 'n rotasiebasis uitgestal, met gereelde afwisseling met tydelike uitstallings van geleende werke van ander kunsmuseums van Suid-Afrika.
Verwysings
Eksterne skakels
Nelson Mandela Metropolitaanse Kunsmuseum Amptelike Webwerf
Kategorie:Geboue en strukture in Port Elizabeth Kategorie:Kunsmuseums en galerye van Suid-Afrika Kategorie:Koördinate op Wikidata