duimnael|24 Maart 1990-voorstelling van Lugmagbasis Pietersburg-wapen Lugmagbasis Pietersburg was ’n basis van die Suid-Afrikaanse Lugmag. “Pietersburg” is die vorige naam van Polokwane en was in die noordelike deel van die ou Transvaalprovinsie (tans in Limpopo) van Suid-Afrika geleë. Die status van die basis het oor die jare verander en die basis was die tuiste van verskillende eenhede. Verskeie lugskoue is by Pietersburg gehou.
Leuse van Lugmagbasis Pietersburg Die leuse van Lugmagbasis Pietersburg is Defendemus Septemtrionem, wat beteken “ons verdedig die noorde”.
Geskiedenis Verskillende eenhede was oor die jare op Lugmagbasis Pietersburg gestasioneer. In 1992 was die tuiseenhede 85 Gevegvliegskool (Atlas Impala Mk I’s en II’s) en 89 Gevegvliegskool (tweesitplek-Cheetahs). Die 25ste bestaansjaar van 85 Gevegvliegskool is op 19 September 1992 by wyse van ’n lugskou gevier. Vliegtuie van 85 Gevegvliegskool en 89 Gevegvliegskool asook ’n Boeing 707 van 60 Eskader te Waterkloof het aan die lugvertonings deelgeneem. Vyf-en-twintig vliegtuie van 85 Gevegvliegskool het ook ’n formasieverbyvlug gelewer.
Opedag by Lugmagstasie Pietersburg op 25 Januarie 1975 duimnael|Canadair CL-13B Sabre Mk 6 reeksnommer 380 Om goeie verhoudings met die mense van die omgewing te handhaaf, is ’n opedag op 25 Januarie 1975 by Lugmagstasie Pietersburg gehou. Dit was ’n gewone roetinedag by die stasie. Die instrukteurs en leerlinge van 1 Eskader en 85 Gevorderde Vliegskool het hulle gebruiklike opleidingsprogramme uitgevoer.
Statiese vertonings het ’n Buccaneer van 24 Eskader te Waterkloof, Sabre, Mirage IIIEZ, Canberra van 12 Eskader te Waterkloof en Impala ingesluit. Daar was tydens die vliegvertoning ’n solovertoning deur ’n Sabre en ’n vertoning deur ’n Puma-helikopter.
Besoekende vliegtuie het ’n Mercurius van 21 Eskader te Swartkop en ’n Mirage IIIBZ van 2 Eskader te Waterkloof ingesluit. ’n Super Frelon-helikopter is ook by die stasie gesien.
Infrastruktuur van Lugmagbasis Pietersburg
Eenhede wat op Pietersburg gebaseer was
1 Eskader Nommer 1 Eskader was van Januarie 1967 tot 1975 op Pietersburg gebaseer.
Lug Operasionele Skool/85 Gevorderde Vliegskool Die Lug Operasionele Skool was van Oktober 1967 tot Januarie 1968 by Lugmagstasie Pietersburg gebaseer en is met ingang van 1 Februarie 1968 die Gevorderde Vliegskool hernoem, wat op sy beurt vanaf 1 Augustus 1972 nommer 85 Gevorderde Vliegskool geword het. Nommer 85 Gevorderde Vliegskool was op Lugmagbasis Pietersburg gebaseer. Die eenheid is in verskillende vlugte verdeel. Daar was ’n Impala Mk I-en-Mk II-vlug en Sabre-vlug. Die Mirage IIIEZ’s, DZ’s en D2Z’s het die Mirage-vlug gevorm. Hierdie Mirages het vanaf Oktober 1974 by 85 Gevorderde Vliegskool aangekom. Laasgenoemde eenheid is in Julie 1982 as 85 Gevegvliegskool herbenoem.
85 Gevegvliegskool Nommer 85 Gevorderde Vliegskool is in Julie 1982 as 85 Gevegvliegskool herdoop. Die skool het in 1979, 1981 en 1983 aan oorgrensoperasies deelgeneem. Nadat Lugmagbasis Pietersburg in 1992 gesluit is, het 85 Gevegvliegskool met ingang van 1 Januarie 1993 na Lugmagbasis Hoedspruit verhuis.
Vliegtuie van 85 Gevegvliegskool wat op 19 September 1992 op Pietersburg gesien is
85 Gevegvliegskool se 25ste herdenking Die 25ste herdenking van 85 Gevegvliegskool is op 19 September 1992 op Lugmagbasis Pietersburg gevier. Vliegtuie van 85 Gevegvliegskool en 89 Gevegvliegskool en ’n Boeing 707 van 60 Eskader te Waterkloof het aan die lugvertoning deelgeneem. Vyf-en-twintig vliegtuie van 85 Gevegvliegskool het ’n formasieverbyvlug uitgevoer.
89 Gevegvliegskool Die tweesitplek-Cheetah’s is aanvanklik deur 89 Gevegvliegskool bedryf, wat op 1 Julie 1986 gevorm is en op Pietersburg gebaseer was (die laaste parade is op 26 November 1992 by die basis gehou). Die eerste tweesitplek-Cheetah (die Atlas Cheetah D2 met die reeksnommer 845) het op 26 Julie 1986 op Pietersburg geland. Toe 89 Gevegvliegskool op 29 November 1992 gesluit is, is die vliegtuie van die eenheid met ingang van 28 Februarie 1993 deur die 2 Eskader-opleidingsvlug geabsorbeer.
Lugmagbasis Pietersburg-lugskou ’90, op 24 Maart 1990
Aantekeninge In hierdie artikel word na die niegestandaardiseerde kleure diep dofgeel, donkergroen, donker olyfgroen, donker aardbruin, ligblou en ligte admiraliteitsgrys verwys. Hulle kom onderskeidelik met die gestandaardiseerde kleure Deep Buff, Dark Green, Olive Drab, Dark Earth, Light Blue en Light Admiralty Grey ooreen.
Verwysings