Moordenaarskop was die toneel van ‘n insident tydens die Oorlog van die Byl, ook bekend as die Sewende Grensoorlog, in die reeks van Kaapse grensoorloë.

Ligging Die kop is tussen Komga (Qumrha, langs die R63-streeksroete) en Butterworth (Gcuwa, aan die N2-roete), by 32° 30′ 16″ suid, 27° 51′ 28″ oos, op die wesoewer en net stroomop van die brug oor die Groot-Keirivier. Hier verander die naam van die Tsomorivier na die Groot-Keirivier.

Kop In Xhosa staan die indrukwekkende berg bekend as “Sihota”, met die betekenis van “afgeslote en afgeleë plek”. Aan die rivier se kant het die kop ‘n besonder hoë loodregte krans van meer as ‘n honderd meter.

Voorval Op Saterdag 13 November 1847 het vyf Engelse soldate hulle basis by Komga verlaat om ‘n bietjie van die Oos-Kaapse natuurskoon te verken. Op hierdie bergtop is hulle deur ‘n groep Xhosas krygers oorval en oor die afgrond gedwing. Die stoflike oorskot van kapt. William Baker, luit. Carevaul Faunt, vaandrig William Burnoss, dr. Neill Campbell en dr. Richard Lock is in 1850 by die Holy Trinity Church in Kingwilliamstown begrawe.

Let wel Hierdie piek moet nie verwar word met die gelyknamige in die Hottentots-Hollandberge.

Bibliografie Walters, Dennis: Bridging the Eastern Cape. The Life and Work of Joseph Newey. Oos-Londen: Coral Tree Press, 2014. ISBN 978-0-620-59478-3 https://www.magzter.com/stories/Animals-and-Pets/Farmers-Weekly/Unravelling-The-Myths-Of-Moordenaars-Kop?srsltid=AU7gw4Xzo6WAVfdtbfzp6x3e1U38OKFTFhGp4vqC7VlG8o7AYUFI6gMy https://www.sa-venues.com/attractionsec/kei-cuttings.php https://wetanddustyroads.com/2024/09/09/great-kei-bridge-old-church-in-komga-wild-coast-south-africa/

Kategorie:Oos-Kaap