Morris Michtom (12 September 1869 – 21 Julie 1938) was 'n Russies-gebore sakeman en uitvinder wat, saam met sy vrou Rose ('n mede-Russies-Joodse immigrant wat in Brooklyn gewoon het), die Ideal Novelty and Toy Company gestig het. Michtom het in 1902 met die idee vir die teddiebeer vorendag gekom - min of meer terselfdertyd as wat Richard Steiff in Duitsland 'n idee vir 'n opgestopte speelgoedbeer met beweegbare ledemate ontwikkel het. Na Michtom se dood het die onderneming die grootste popvervaardigingsmaatskappy in die Verenigde State geword.

Biografie

Michtom is op 12 September 1869 in 'n Joodse gesin gebore en het in 1887 na New York geëmigreer. In dieselfde jaar is hy getroud is met sy vrou, Rose Katz (1867–1937), wat in Roemenië gebore is. Hy het bedags lekkergoed verkoop in sy winkel by Tompkinslaan 404 in Bedford-Stuyvesant, Brooklyn, en snags saam met sy vrou, Rose, opgestopte speelgoeddiere gemaak.

Die teddiebeer is geïnspireer deur 'n spotprent deur die Pulitzerpryswenner spotprenttekenaar Clifford K. Berryman waarin die Amerikaanse president Theodore Roosevelt (wat dikwels "Teddy" genoem is) deerins betoon het aan 'n beer aan die einde van 'n onsuksesvolle jagtog in Mississippi in 1902. Michtom het die tekening gesien, 'n klein pluisbeerjie gemaak en dit aan Roosevelt gestuur. Michtom het toe 'n pluisbeer in die winkelvenster gesit met 'n bordjie "Teddy's bear". Na die skepping van die beer in 1902 was die verkope so goed dat Michtom in 1907 die Ideal Novelty and Toy Company gestig het.

Michtom is op 21 Julie 1938 in die ouderdom van 68 jaar in Brooklyn, New York, oorlede.

Verwysings

Kategorie:Amerikaanse Jode Kategorie:Sterftes in 1938 Kategorie:Geboortes in 1870 Kategorie:Artikels met hCards