thumb|300px|Die Langkloofberge van die N2 tussen Plettenbergbaai en Knysna af.

Die Langkloofberge is 'n kort bergreeks in die Kaapse Plooigordel in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Hulle verbind die Outeniekwa- en die Tsitsikammaberge noord van Plettenbergbaai aan die Tuinroete. Die naam is van Nederlandse afkoms.

Die boonste Langkloofberge lê tussen die Outeniekwa- en die Kammanassieberge, terwyl die onderste Langkloofberge tussen die Kouga- en die Tsitsikammaberge geleë is. Hulle strek van Prins Alfredspas in die weste tot net noord van Nature's Valley en suid van Joubertina.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Berge van Suid-Afrika Kategorie:Wes-Kaap