Morkelhuis op Stellenbosch is een van die alleroudste bouwerke in Suid-Afrika en daarom van kultuurhistoriese sowel as argitektoniese belang.
Geskiedenis Die huis is by Van Ryneveldstraat 4/6 in die geskiedkundige dorpskern. Landdros Cornelis Linnes bou in 1693-4 ‘n wynkelder op die erf. Die kerkraad het in 1719 die terrein aangekoop van die weduwee van heemraad Jan Botma na die groot brand van Desember 1710 wat ‘n groot deel van die dorp, insluitende die kerkgebou, verwoes het. Van 1711 tot 1723 word die wynkelder noodgedwonge as kerk gebruik. Op 7 Julie 1729 verkoop die kerkraad dit aan Philip Morkel. Van 1734 tot 1830 was dit die ampswoning van die balju. In ongeveer 1890 is dit weer in besit van die Morkel-familie. Historiese Huise van Suid-Afrika koop die huis in 1968, restoureer dit ingrypend en word daarna tot gedenkwaardigheid verklaar.
Huis Die huis het ‘n eenvoudige spits gewel en ‘n leiklipstoep. Opvallend is die twee voordeure. Binnenshuis is die houtwerk besonder mooi. Daar is ook ‘n tipiese voorbeeld van ‘n 18de eeuse kombuis.
Bibliografie Burden, Matilda: 50 jaar - Historiese Huise 1966-2016. Stellenbosch: Historiese Huise van Suid-Afrika, 2016. ISBN 978-0-620-73074-7 Fransen, Hans: A guide to the old buildings of the Cape. A survey of extant architecture from before c1910 in the area of Cape Town, Calvinia, Colesberg, Uitenhage. Kaapstad: Jonathan Ball, 2004. ISBN 1-86842-191-0 Fransen, Hans en Christo S. Botha: Discovering historical Stellenbosch. Kaapstad: H.A.U.M., 1979. ISBN 0-7986-0366-6 Oberholster, J.J.: Die Historiese Monumente van Suid-Afrika. Kaapstad: Kultuurstigting Rembrandt van Rijn vir die Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede, 1972. ISBN 0-620-00191-7 Proust, Alain en D.H. Pennewaert: Stellenbosch – a visual promenade. Vlaeberg: La Compagnie du Cap, 2006. ISBN 0-620-35009-1 van Huyssteen, Ters: Foot-loose in Stellenbosch – a guide for walkers. Kaapstad: Tafelberg, 1977. ISBN 0-624-01303-0
Kategorie: Stellenbosch Kategorie: Monumente en gedenkwaardighede in Suid-Afrika