Wendy Felecia Kaizer-Philander (née Kaizer; gebore 28 Mei 1976) is 'n Suid-Afrikaanse politikus wat sedert Augustus 2026 as die Provinsiale Minister van Maatskaplike Ontwikkeling in die Wes-Kaap dien. Sy dien sedert Augustus 2018 'n lid die Wes-Kaapse Provinsiale Parlement. Sy was voorheen 'n Lid van die Burgemeesterskomitee van die Drakenstein Plaaslike Munisipaliteit. Kaizer-Philander is 'n lid van die Demokratiese Alliansie.

Lewe en loopbaan Kaizer-Philander is in New York, 'n voorstad van Paarl, gebore. Sy is die jongste dogter van Mary en Jack Kaizer. Haar ma is oorlede toe sy in graad 11 was. Sy het by Paulus Joubert Primêre Skool skoolgegaan en aan Paulus Joubert Sekondêre Skool gematrikuleer. Sy het in 2008 by die Demokratiese Alliansie aangesluit. Kaizer-Philander is in die plaaslike verkiesing in 2011 as 'n DA-wykraadslid van die Drakenstein Plaaslike Munisipaliteit verkies. Na die plaaslike verkiesing het sy 'n PR-raadslid vir die DA in die munisipaliteit geword. Sy het twee termyne as die Burgemeesterskomiteelid vir Menslike Nedersettings en Gesondheid tydens die burgemeesterskappe van Gesie van Deventer en Conrad Poole gedien.

In Augustus 2018 is Kaizer-Philander as lid van die Wes-Kaapse Provinsiale Parlement ingehuldig, waar sy vir Lennit Max opgevolg het. Sy is daarna aangewys om op die Sosiale Groep-komitees te dien. Na die algemene verkiesing in Mei 2019 is sy op 22 Mei 2019 vir haar eerste volle termyn ingehuldig. Sy was die enigste parlementslid uit die Drakenstein-munisipaliteit. In Junie 2019 is Kaizer-Philander as voorsitter van die Staande Komitee oor Gesondheid verkies.

Kaizer-Philander is 'n senior lid van die Demokratiese Alliansie se Vroue-netwerk (DAWN). Sy is die netwerk se provinsiale voorsitter. Sy is ook 'n lid van die provinsiale uitvoerende komitee van die Demokratiese Alliansie.

In November 2020 het sy haar as kandidaat vir die DA se provinsiale leierskap verkiesbaar gestel, maar teen die destydse provinsiale leier, Bonginkosi Madikizela, verloor. Sy het die tweede meeste stemme ontvang, met 255, ná Madikizela se 444 stemme en voor die provinsiale parlementspeaker, Masizole Mnqasela, wat 210 stemme ontvang het.

Op 7 Mei 2022 het sy haar as kandidaat vir die pos van adjunkleier van die DA in die Wes-Kaap verkiesbaar gestel tydens die party se provinsiale raadsvergadering. Sy het die verkiesing teen JP Smith verloor.

In Januarie 2023 is Kaizer-Philander as hoofsweep van die DA-koukus in die Provinsiale Parlement aangestel. Sy het vir Lorraine Botha opgevolg, wat in Augustus 2022 oorlede is.

Kaizer-Philander is tydens die 2024 provinsiale verkiesing tot 'n setel in die provinsiale parlement herverkies. Sy is daarna as voorsitter van die portefeuljekomitee oor Maatskaplike Ontwikkeling verkies.

Op 20 Augustus 2026 het premier Alan Winde haar as provinsiale minister van maatskaplike ontwikkeling aangestel. Sy het vir Jaco Londt opgevolg, wat as provinsiale minister van onderwys aangestel is.

Verwysings

Eksterne skakels

Profiel op People's Assembly

Kategorie:Lewende mense Kategorie:Politici van die Demokratiese Alliansie