‘n Misvloer is ‘n grondvloer met beesmis verhard.

In die pionierstyd in Suid-Afrika was die vloere van huise van die vroeë setlaars dikwels van leiklip of houtplanke. Hierdie materiaal was in die binneland meesal moeilik bekombaar. As alternatief het die misvloer ontwikkel.’n Vloer van grond, meesal verkry van miershope, is voorberei. Die klei is gebrei tot ‘n stewige massa en op die vloer uitgesmeer tot ‘n paar sentimeter dik en goed aangestamp. Daarna is die vloer gereeld met ‘n mengsel van vars mis (verky van beeste, bokke of skape) en water ingesmeer. Om die vloer ‘n mooi blink voorkoms te gee is dit soms met ‘n dun laag osbloed ingesmeer. ‘n Trotse huiseienaar het ‘n vloer van ‘n vertrek of twee met perskepitte geplavei om ‘n mooi en meer duursame oppervlak te verkry. In die Drostdymuseum op Swellendam is ‘n mooi voorbeeld van so ‘n perskepitvloer.

Lees ook Volksboukunde

Bronnelys https://artefacts.co.za/main/Buildings/style_det_mob.php?styleid=678 Friis, Jens: Nuwe vloer vir oudste gebou. https://www.netwerk24.com/nuwe-vloer-vir-oudste-gebou-20151209

Eksterne skakels How and Why We Use Cow Dung for the floors of our huts

Kategorie:Argitektuur