Syncarpha vestita is 'n klein struik wat deel van die Asteraceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Oos-Kaap en die Wes-Kaap voor. Die spesie blom vanaf November tot Januarie en is deel van die fynbos. Die spesie het geen bedreigings nie.

Die spesie het 'n paar plaaslike name: sewejaarblom, sewejaartjie, strooiblommetjie, tontelboom, witbergsewejaartjie en witsewejaartjie. In Engels staan die spesie as Cape snow bekend.

Galery

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online Biodiversityadvisor

vestita Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika