Syncarpha zeyheri is 'n klein struik wat deel van die Asteraceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap van die Kaapse Skiereiland tot by Hermanus voor. Daar is vyf bevolkings bekend maar dit word nie bedreig nie omrede dit in die Kogelberg-natuurreservaat, Tafelberg- Nasionale Park en Fernkloof-natuurreservaat voorkom. Die spesie is deel van die fynbos.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online Biodiversityadvisor
zeyheri Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika