Syncarpha marlothii is 'n klein struikie wat deel van die Asteraceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap, van die Koue Bokkeveld tot by Villiersdorp, voor. Daar is vyf bevolkings bekend en die spesie kom hoogtes van hoër as 1200 m op suidelike berghange voor. Die spesie blom vanaf Januarie, is deel van die fynbos en word as seldsaam beskou.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Biodiversityadvisor
marlothii Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika