Sidvokodvo is 'n dorp in Eswatini. Dit lê in die middel van die land, 40 km suidoos van die hoofstad Mbabane. Sidvokodvo is 375 meter bo seevlak en het 1 746 inwoners.

Sidvokodvo is die eindpunt van die Swazilink-spoorwegprojek, wat Eswatini met Mpumalanga verbind. Dit het vroeër die Swazilandse Spoorweë se stoomloods gehuisves, maar stoomaandrywing is lankal in Eswatini laat vaar.

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Eswatini