Die Magdalenasmeer is een van die ongeveer 30 vleie in die Panneveld.
Hierdie meertjie is ‘n 8 km suidoos van Chrissiesmeer, oos van Ermelo en by 26° 22′ 41″ suid en 30° 17′ 11″ oos.
Weens die hoë soutgehalte van die water is dit onbruikbaar vir besproeiing en is daar feitlik geen plantegroei nie. Die oostelike oewer van die meer is sanderig en laag. Daarteenoor het die suidwestelike kant van die pan ‘n loodregte sandsteenkrans.
Hierdie pannestreek is gevorm deur vroeëre versperrings in die bolope van die Mpuluzirivier.
Kategorie:Mere in Suid-Afrika Kategorie:Mpumalanga