Olaf V (Olav den femte, “Olaf die Vyfde”), gebore prins Alexander van Denemarke; 2 Julie 1903 – 17 Januarie 1991) was van 1957 tot met sy dood in 1991 koning van Noorweë.
Olaf was die enigste kind van Prins Carl van Denemarke en prinses Maud van Wallis. Hy was die eerste erfgenaam van die Noorse troon wat in Noorweë grootgeword het sedert Olaf IV in die 14de eeu en sy ouers het seker gemaak sy opvoeding is so Noors as moontlik. In 1929 is hy met sy niggie, prinses Märtha van Swede, getroud. Hy het koning geword na die dood van sy vader in 1957.
Sy konsidererende, plat-op-die-aarde styl het Olaf besonder gewild gemaak en het gelei tot die bynaam ‘’Folkekongen’’ (“Koning van die Volk”). In 2005 is hy in ’n meningsopname deur die Noorse Uitsaaikoporasie as “Noor van die eeu” gekies.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Noorse monarge