Die "Jean Monnet" Teoretiese Hoërskool is 'n hoërskool in die Primăverii-woonbuurt van Boekarest. Die hoërskool is tans vernoem na die Franse politikus Jean Monnet, een van die stigters van die Europese Unie.
Geskiedenis Die hoërskool het in 1963 sy deure oopgemaak aan studente. Die skool het al 'n paar naamveranderings gehad:
Middelbare Skool Nr. 24 (1963-1965) Hoërskool Nr. 24 (1965-1976) Wiskunde-Fisika Hoërskool Nr. 2 (1976-1982) Industriële Hoërskool Nr. 32 (1982-1990) "George Călinescu" Teoretiese Hoërskool (1990-1992) "Jean Monnet" Teoretiese Hoërskool (1992-hede)
Die skool se bekendheid het in die vroeë 2000's toegeneem na 'n bomaanval wat op 6 November 2002 op die sypaadjie voor die skool plaasgevind het, maar ook weens die kaliber studente wat die skool produseer het
Direkteure
Prof Dumitru Bărbulescu, 1963-1978 Prof Vasilica Manaila, 1978-1986 Prof Mircea Florescu, 1986-1995 Prof Nicolae Catan, 1995-1998 Prof Stefana Parvu, 1998-2002 Prof Elena Țicoș, 2002-2010 Prof Tudorita Codreanu, 2010-2011 Prof Mariana Rosner, 2011-2012 Prof Tudorița Codreanu, 2012-nou
Oudstudente Zoia Ceaușescu, dogter van die Roemeense diktator Nicolae Ceausescu Rodica Culcer, joernalis Marina Almasan, TV-aanbieder Traian T. Cosovei Ozana Barabancea Lucian Viziru (musikant, akteur)
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webwerf