Colpias is 'n genus van klein struikies wat behoort tot die familie Scrophulariaceae. Die genus is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Noord-Kaap voor. Die Rediviva-bye is bekend daarvoor dat hulle olie uit die Colpia blomme suig en in die proses die plante bestuif. Dit is 'n mutualistiese-tipe simbiose verhouding.

Spesies Dit is 'n monotipiese takson en daar is dus slegs een spesie wat tot die genus hoort:Plants of the World Online Colpias mollis E.Mey. ex Benth.

Verwysings

Kategorie:Flora van Suid-Afrika