Trombolise, ook bekend as fibrinolitiese terapie, is die afbreking (lise) van bloedklonte wat in bloedvate gevorm het deur die gebruik van medisyne. Dit word gebruik in geval van miokardiale infarksie, beroerte en soms van kwaai thrombo-embolismes of omvattende diepaartrombose.

Trombolitiese medisynes hou die gevaar van ernstige bloeding in en dus is trombolise in sommige gevalle onmoontlik. Trombolise kan ook 'n belangrike rol speel in reperfusiterapie in geblokkeerde are.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Mediese prosedures