Argyrolobium crinitum is 'n klein struik wat deel van die Fabaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap by Barrydale voor. Die spesie is deel van die renosterveld en blom in Junie. Die spesie het 'n klein habitat by Barrydale en daar was 65 plante in 1995. In 2004 was daar egter geen plante gevind nie en daar word vermoed dat weens die feit is dat daar nie veldbrande onlangs was nie; dit kan egter ook die gevolg van oorbeweiding wees. Tagtig persent van die area waar die spesie voorkom word gebruik vir die verbouing van koring.
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Biodiversityadvisor
crinitum Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika