Argyrolobium crassifolium is 'n klein struik wat deel van die Fabaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Oos-Kaap, vanaf Humansdorp tot by Uitenhage, voor. Die spesie blom in Junie.

Die spesie het 'n voorkomsgebied van 2400 km² en daar word geskat dat die bevolking reeds met 50% afgeneem het die afgelope 100 jaar weens verlies van habitat aan landbou aktiwiteite. Die oorblywende ses bevolkings is gefragmenteerd en word verder bedreig deur 'n verlies van bestuiwers en te veel veldbrande.

Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Biodiversityadvisor

crassifolium Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika