Magic Mike XXL is ’n Amerikaanse komediedramarolprent van 2015 wat deur Gregory Jacobs geregisseer en deur Reid Carolin geskryf is. Die hoofakteurs is Channing Tatum, Matt Bomer, Kevin Nash en Joe Manganiello. Die prent is ’n opvolg van 2012 se Magic Mike en sy première was op 26 Junie 2015 in Hollywood. Dit is op 1 Julie 2015 deur Warner Bros. Pictures in die res van die VSA uitgereik. Die prent het louwarm resensies ontvang. Die verhaal gaan oor Adam, ’n 19-jarige wat sy universiteitstudie opgeskop het en die wêreld van manlike ontkleedansers betree onder leiding van Mike Lane, wat al ses jaar in die bedryf is.

Die oorspronklike Magic Mike, met Steven Soderbergh as regisseur, is losweg gebaseer op Tatum se ervarings toe hy ’n 18-jarige manlike ontkleedanser in Florida was. Die rolprent was ’n kommersiële sukses en gewild onder resensente. ’n Derde en finale rolprent, Magic Mike's Last Dance, is op 10 Februarie 2023 uitgereik, met Soderbergh wat terugkeer as regisseur.

Rolverdeling

Channing Tatum as Michael "Magic Mike" Lane Matt Bomer as Ken Joe Manganiello as Big Dick Richie Kevin Nash as Tarzan/Ernest Adam Rodríguez as Tito Gabriel Iglesias as Tobias Amber Heard as Zoe Donald Glover as Andre Stephen "tWitch" Boss as Malik Michael Strahan as Augustus Andie MacDowell as Nancy Davidson Elizabeth Banks as Paris Jada Pinkett Smith as Rome Vicky Vox as Tori Snatch

Ontvangs Op Rotten Tomatoes was 66% van 238 resensies positief, met 'n gemiddelde punt van 6/10. Die webtuiste se konsensus lui: "Magic Mike XXL het genoeg narratiewe dryfkrag en robuuste sjarme om nóg ’n porsie goed geoliede vermaak te lewer, al is dié opvolg nie heeltemal so aangenaam soos sy voorganger nie." Op Metacritic het die prent 'n telling van 60 uit 100 gehad, gebaseer op 41 resensies, wat dui op 'n "gemengde of gemiddelde" ontvangs.

In peilings deur CinemaScore het gehore die prent 'n gradering van "A-" gegee op 'n skaal van A+ to F.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Amerikaanse rolprente