Die Lockheed Constellation (“Connie”) is ’n viermotorige lynvliegtuig wat deur lugskroewe aangedryf is en vanaf 1943 deur die Lockheed Aircraft Corporation gebou is. Die Constellation-reeks was die eerste burgerlike lynvliegtuigfamilie wat wydverspreid gebruik is en met ’n drukvaste kajuit toegerus was. Laasgenoemde eienskap het die masjien in staat gestel om bo die meeste swak weer te vlieg en het dus algemene veiligheid wesenlik verbeter en dit vir passasiers makliker gemaak om handelsvlugte te onderneem.
Verskillende modelle van die Constellation-reeks is geproduseer, hoewel almal van hulle die kenmerkende driedubbele stertvinne en dolfynvormige romp gehad het. Die meeste van hulle is deur Wright R-3350 Duplex-Cyclone-enjins met 18 silinders aangedryf. Daar is tussen 1943 en 1958 altesaam 856 eenhede by Lockheed se aanleg in Burbank in Kalifornië geproduseer. Die tipe is as burgerlike lynvliegtuie en militêre en burgerlike vragvliegtuie gebruik. Drie het as presidensiële vliegtuie vir Dwight D. Eisenhower diens gedoen.
Ontwerp en ontwikkeling van die Constellation Die ontstaan van die Constellation kan teruggevoer word na ’n geheime vergadering wat op 21 Junie 1939 gehou is. Howard Hughes, Jack L Frye (hoof van TWA), Robert E Gross (President van Lockheed), Hall L Hibbard (Visepresident en Hoofingenieur by Lockheed) en Clarence “Kelly” Johnson (Hoofnavorsingsingenieur by Lockheed) het die vergadering bygewoon. Dit het tot die L-49 aanleiding gegee.
Howard Hughes het aanvanklik ’n bestelling vir nege L-49’s geplaas, wat later met 31 verhoog is.
Toe die Model 49-ontwerp aan die wyer mark geopenbaar is, het Pan American Airways (Pan Am) 40 Constellations bestel. duimnael|Die romp van die Constellation het ’n nieparallelle deursnit gehad, was taps aan elke end met ’n afwaartse ronding by die neus en ’n opwaartse ronding by die stert. Dit is rondom hierdie tyd wat die L-49 (of “L-049”, soos gewoonlik op maatskappydokumentasie geskryf is) die naam “Constellation” gekry het.
Weergawes van die Wright R-3350-enjin sou alle produksiemodelle van die Constellation en Super Constellation aandryf.
Ten spyte van ’n beginbestelling van 84 L-049’s (insluitende vier vir KLM van Nederland) kon daar nie onmiddellik met die bou van die vliegtuig begin word nie, want die Lockheed-produksiefasiliteite was aan dringende Britse behoeftes toegewys.. Die Amerikaanse regering was ook besig om vir betrokkenheid by die Tweede Wêreldoorlog voor te berei en wou sy eie gewapende magte asook dié van vriendelike nasies opbou. Teen vroeg-1941 was dit duidelik dat die Constellation-lynvliegtuig nie geproduseer sou kon word nie. duimnael|Die vrydraervlerk van die Constellation het gespannehuid-metaalpanele gehad. Die Constellation-familie het ’n driewielonderstel en lae vlerke gehad. Die lugskroewe van die Constellation het ’n diameter van 4.57 meter gehad en was omstelbaar. Die Amerikaanse leër het egter weens sy eie doeleindes in die Connie belanggestel en het 180 Constellations as vrag- en troepedraers ingevolge die benoeming C-69B bestel. Die Amerikaanse leër het die TWA- en Pan Am-vliegtuigbestelling oorgeneem. Hoewel die Connies vir die duur van vyandelikhede aan die leër sou “behoort”, sou hulle ná die oorlog terugbesorg word. Die lugrederye sou egter steeds ervaring met die L-049 opdoen, aangesien hulle die vliegtuie op ’n kontrakgrondslag namens die regering in stand sou hou en bedryf.
Die eerste Constellation het in November 1942 in die dowwe olyfgroenkleur van die US Army Air Forces (USAAF) uit die Burbank-fabriek beweeg. Die vliegtuig is as die C-69 benoem, die konstruksienommer 1961 is aan hom toegewys en hy het die burgerlike registrasie NX25600 gehad. Die vliegmasjien het op 9 Januarie 1943 sy eerste vlug onderneem.
Daarna is die prototipe-Constellation gehok nadat ’n brand in een van die R-3350-enjins van die tweede XB-29-bomwerper ’n ongeluk veroorsaak het. Vliegtoetse van die prototipe is hervat nadat dit met gemodifiseerde enjins toegerus is. NX25600 het op 28 Julie 1943 die reeksnommer 43-10309 in die USAAF gekry, maar is onmiddellik aan Lockheed teruggeleen. Die USAAF het in Julie 1944 met sy eie reeks toetse begin.
AANTEKENING
Die gedeelte hierbo is op Constellation Airlife gegrond.
Bou van die Constellation en identifikasie van modelle duimnael|Die driedubbele vinne was ’n kenmerk van die Lockheed Constellation. Die stertvinne het ook die vereiste kielarea sonder die buitensporige hoogte gebied, wat nie deur die loodse van die era waarin die Constellation in gebruik geneem is, geakkommodeer kon word nie. Hoewel alle modelle van die Constellation-familie min of meer dieselfde lyk, is daar ’n hemelsbreë verskil tussen die oorspronklike L-049 wat in Januarie 1943 gevlieg het en die uiteindelike L-1649 Starliner wat in Februarie 1958 aan Air France afgelewer is. Al die Constellations, Super Constellations en Starliners het dieselfde basiese eksterne konfigurasie gehad, met die hoofverandering synde die nuwe vlerk op die L-1649 Starliner. Die Constellation-familie was viermotorige landvliegtuie met ’n driewielonderstel en lae vlerke, wat, op die L-049 tot L-1049 aan die voor rand ’n hoek van 7.5 grade gevorm het en ook ’n ophoek van 7.5 grade gehad het. Die hoëfhefkrag-dravlakke het uit agterrandklappe van die Fowler-soort bestaan. Die vier radiale suierenjins het metaallugskroewe met drie blaaie aangedryf. Die romp het ’n nieparallelle deursnit gehad, was taps aan elke end met ’n afwaartse ronding by die neus en ’n opwaartse ronding by die stert. Die volle vrydraervlerk van die Constellation het binneboord-, buiteboord- en vlerkpuntpanele gehad wat van metaal gebou is en met ’n gespanne huid bedek is. Om die massiewe krag van die Wright R-3350-enjins te absorbeer moes die Constellation met lugskroewe met ’n diameter van 15 voet (4.57 meter) toegerus word, wat die lengte van die onderstelbene en die vorm van die romp beïnvloed het. Die Connie was die eerste transportvliegtuig wat met omstelbare lugskroewe gelisensieer is, wat dit goeie landingswerkverrigting vir sy grootte gegee het. duimnael|Drie-aansiglyntekening van die Model 049 Constellation Lockheed het ’n numeringstelsel vir die verskillende vliegtuigkonfigurasies gebruik, soos L-49-79-31, met die eerste twee syfers ná die modelnommer wat die enjinvariant aandui en die laaste twee syfers wat die binne-uitleg aandui. ’n L-49-79-31 was toegerus met die 749C18-BD1-enjins en was gebou vir 42 dagpassasiers en 22 nagpassasiers in slaapbanke en sewe bemanningslede.
AANTEKENING
Die gedeelte hierbo is op Constellation Airlife gegrond.
AANTEKENING
Van die inligting wat in die volgende gedeeltes weergegee word, kan in Constellation Tempus en Constellation Airlife gevind word.
Constellation-modelle
L-049-model/C-69 Die Lockheed L-049 Constellation is volgens TWA se spesifikasie ontwerp, maar is as die C-69 deur die USAAF oorgeneem. Die eerste L-049/C-69 (43-10309) het sy nooiensvlug op 9 Januarie 1943 gehad. geen|duimnael|Die prototipe van die Lockheed L-049 Constellation (konstruksienommer 1961) word op 9 Januarie 1943 gesien. Die masjien het op 9 Januarie 1943 vir die eerste keer gevlieg (met die registrasienommer NX25600) en is op 28 Julie 1943 as ’n C-69 met die reeksnommer 43-10309 na die USAAF oorgeplaas.
Model C-69 Dit was die oorspronklike militêre transportweergawe van 1943. duimnael|Hierdie is ’n foto van die sewende produksievliegtuig, konstruksienommer 1967, reeksnommer 43-10315. Die oorspronklike C-69’s het “wenkbrou”-dakvensters bo die vlieëniers se sitplekke gehad, maar hulle het verdwyn toe produksie na die burgerlike L-049 oorgeskakel is.
C-69’s wat deur die USAAF gekoop is: KonstruksienommerReeksnommer 1961 tot 196943-10309 tot 43-103171970 tot 198042-94549 tot 42-945592021 tot 202242-94560 tot 42-94561
Model L-049 Die L-049 was basies 'n omskepping van die USAAF C-69, maar sy maksimum opstygmassa is tot 39116 kilogram verhoog en hy het gemodifiseerde Wright 745C18BA3-enjins van 2200 perdekrag in plaas van BA1-enjins gehad.
Model L-149 Die L-149 het, net soos die L-049D, 'n versterkte binnevlerk gehad, maar sy maksimum opstygmassa is tot 45351 kilogram verhoog en hy het brandstoftenke in gemodifiseerde buitevlerkpanele gehad.geen|duimnael|In hierdie foto word die Lockheed L-149 met die registrasienommer 4X-AKC in circa 1950 gesien. duimnael|Drie-aansiglyntekening van die Model 649
Model L-649 Die Model 649 het sterker enjins en ander modifikasies gehad en kon ’n "speed pack" neem.
Model L-749 Die Model L-749 was soortgelyk aan die L-649A, maar het gemodifiseerde buitevlerkpanele, wat bykomende brandtoftenke bevat het, en 'n verhoogde opstygmassa van 46258 kilogram gehad. Die Model Model L-749 kon ook die "speed pack" neem.
C-121A (vir die US Air Force) duimnael|Silhoeëttekening van die Model 749A Die Amerikaanse lugmag het 10 Lockheed L-749 Constellations bestel. Die USAF het die eerste vliegtuig op 12 November 1948 in ontvangs geneem. Die 10 vliegtuie was van 48-0608 tot 48-0617 genommer en het C-121A’s geword. Hierdie model het versterkte vloere en ’n groot vragdeur aan die agterkant van die romp gehad. Hulle kon vinnig omgeskakel word om vrag, passasiers of draagbare te vervoer. Al die C-121A’s is aan die Atlantiese Afdeling van MATS by Westover-lugmagbasis in Massachusets toegewys. Later het hulle deel van ander eenhede geword.
Die VC-vliegtuie Die eenheid wat die verskillende soorte VC-121-transportvliegtuie behartig het, was die 1254ste Lugvervoereskader, wat hoofsaaklik by Washington National-lughawe gebaseer was.
Generaal Douglas MacArthur het die VC-121A met die naam Bataan van 1950 tot 1951 gebruik, gedurende die vroeë tydperk van die Koreaanse Oorlog.
Generaal Dwight Eisenhower het ’n VC-121A met die naam Columbine gebruik (vernoem na die blom van Colorado, sy vrou se tuisstaat). As pas gekose President en dienende President het Eisenhower ’n VC-121A en ’n VC-121E (Columbine II en Columbine III) gebruik.
Die VC-121A’s het die reeksnommers 48-0610 tot 48-0614 en 48-0617 gehad.
Konstruksienommer 2602: VC-121A, reeksnommer 48-0610; 22 November 1948 aan die USAF afgelewer; Columbine II. Konstruksienommer 2605: VC-121A, reeksnommer 48-0613; 26 Januarie 1949 aan die USAF afgelewer; Bataan. Konstruksienommer 2606: C-121A, reeksnommer 48-0614; 3 Februarie 1949 aan die USAF afgelewer; Columbine. Die USAF Lockheed VC-121A Constellation met die reeksnommer 48-0613 is in 1950 in Korea deur Generaal Douglas MacArthur gebruik. Gedurende daardie tyd het die masjien die naam Bataan gehad (na aanleiding van MacArthur se ervarings gedurende die Tweede Wêredoorlog in die Filippyne).
VC-121E Die VC-121E is as ’n R7V-1 vir die VSA-vloot bestel, is vir die USAF as ’n VC-121E gebou en is as ’n presidensiële transportvliegtuig vir die USAF voltooi, kompleet met reghoekige vensters en het as Columbine III vir Presidente Eisenhower en Kennedy diens gedoen totdat dit in Oktober 1962 met ’n Boeing VC-137 vervang is. Die vliegtuig het die konstruksienommer 4151 gehad, is met die Vloot-BuNo 131650 bestel en het die USAF-reeksnommer 53-7885 (24 November 1954 afgelewer) gehad.
PO-1W (WV-1)