Romeo and Juliet (Italiaans: Romeo e Giulietta) is 'n romantiese tragedie en periodedrama van 1968, gebaseer op die toneelstuk met dieselfde naam deur William Shakespeare. Die regisseur en medeskrywer is Franco Zeffirelli en die naamrolspelers Leonard Whiting as Romeo en Olivia Hussey as Juliet. Laurence Olivier is die verteller. Ook in die prent is die akteurs Milo O'Shea, Michael York, John McEnery, Bruce Robinson en Robert Stephens.
Die rolprentverwerking van 'n Shakespeare-toneelstuk was gewild tydens die uitreiking van die prent. Dit was gesog onder tieners omdat dit die eerste verwerking was met akteurs wat amper net so jonk soos die oorspronklike hoofkarakters is. Dit het ook baie goeie resensies gekry. Die prent het die Oscar vir beste kinematografie en beste kostuumontwerp gewen. Dit is ook benoem vir beste regisseur en beste rolprent, en was die eerste Shakespeare-rolprent wat in laasgenoemde kategorie benoem is. Whiting en Hussey het albei Golden Globes gewen vir beste nuwelinge.
Rolverdeling
Die Huis van Montague Antonio Pierfederici as lord Montague Esmeralda Ruspoli as lady Montague Leonard Whiting as Romeo Bruce Robinson as Benvolio Keith Skinner as Balthasar Roberto Antonelli as Abram
Die Huis van Capulet Paul Hardwick as lord Capulet Natasha Parry as lady Capulet Olivia Hussey as Juliet Michael York as Tybalt Dyson Lovell as Sampson Richard Warwick as Gregory
Ander John McEnery as Mercutio Milo O'Shea as vader Laurence Robert Stephens as prins Escalus van Verona Laurence Olivier as die koor en die stem van lord Montague
Uitreiking en ontvangs thumb|180px|links|'n Advertensie vir die toneelstuk in Amerika, 1968.
Romeo and Juliet se première was op 4 Maart 1968 tydens die Royal Film Performance. Dit is die volgende dag in Brittanje uitgereik, op 8 Oktober 1968 in die VSA en op 19 Oktober in Italië.
Op Rotten Tomatoes is 95% van 41 resensies positief, met 'n gemiddelde punt van 8/10. Die webtuiste se konsensus lui: "Die goeie spel en treffende visuele kenmerke maak Zeffirelli se Romeo and Juliet dalk dié verwerking van die toneelstuk."
Roger Ebert van die Chicago Sun-Times skryf: "Ek dink Franco Zeffirelli se Romeo and Juliet is die opwindendste prent van Shakespeare wat nog gemaak is."
Pryse Die prent het talle pryse gewen, onder meer 'n Oscar vir beste kinematografie en beste kostuumontwerp, 'n Bafta vir kostuumontwerp, en Golden Globes vir beste buitelandse prent in Engels en beste nuwelinge vir Whiting en Hussey.
Dit het ook die Italiaanse Nastro d'Argento-prys ontvang vir beste regisseur, kinematografie, kostuumontwerp, musiek en produksieontwerp. Op die Thessaloniki- Internasionale Rolprentfees in Griekeland het dit die prys vir beste rolprent gewen en het Zeffirelli die ereprys ontvang.
Sien ook Romeo en Juliet vir die storielyn.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Britse rolprente Kategorie:Italiaanse rolprente Kategorie:Historiese rolprente