Die Bosniese nasionale sokkerspan (Bosnies: Fudbalska reprezentacija Bosne i Hercegovine) verteenwoordig Bosnië en Herzegowina in internasionale sokkerkompetisies vir mans, en word beheer deur die Sokkervereniging van Bosnië en Herzegowina. Tot 1992 het Bosniese sokkerspelers vir Joego-Slawië gespeel.
Die span het vir twee FIFA Wêreldbekertoernooie gekwalifiseer (2014 en 2026), maar nog nooit vir die Europese Kampioenskap nie.
Die speler met die meeste wedstryde én die meeste doele vir die span is Edin Džeko.
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webwerf Lys van wedstryde
Kategorie:Nasionale sokkerspanne Kategorie:Sokker in Bosnië en Herzegowina