alt=Scan of birth certificate of Marilyn Monroe|duimnael|Die geboortesertifikaat van Marilyn Monroe vertoon haar naam by geboorte: Norma Jeane Mortenson. Die geboortenaam is die naam van die persoon wat by hul geboorte gegee word. Die term kan toegepas word op die van, die voornaam of op die hele naam.

Nooiens- en getroude name Die terme née (vroulik) en né (manlik; beide uitgespreek ; van die Frans ''né[e]''), wat uit Frans in Engels aangeneem is, is gebruik om 'n voorhuwelikse of nooiensvan, of 'n oorspronklike geboortenaam wat later verander is, aan te dui.

Die term née, met 'n vroulike grammatikale geslag, word gebruik om 'n vrou se van by geboorte aan te dui indien dit later vervang of verander is. In die meeste Engelssprekende kulture word dit spesifiek toegepas op 'n vrou se nooiensvan nadat haar van as gevolg van die huwelik verander het. Die term né, met 'n manlike grammatikale geslag, word gebruik om 'n man se van by geboorte aan te dui indien dit later verander is. Volgens die Universiteit van Oxford se Dictionary of Modern English Usage word die terme normaalweg ná die huidige van geplaas (bv. 'Ann Smith, née Jones').

Verwysings

Kategorie:Name