Die 76ste Cannes-rolprentfees het van 16 tot 27 Mei 2023 plaasgevind. Die Sweedse rolprentvervaardiger Ruben Östlund was die voorsitter van die hoofjurie en die Amerikaanse akteur John C. Reilly van die jurie vir Un Certain Regard. Met die Franse fliek Anatomy of a Fall wat die Palme d'Or, die topprys, gewen het, was Justine Triet maar die derde vroulike regisseur wat die prys gewen het, ná Jane Campion in 1993 en Julia Ducournau in 2021.
Twee ere-Palme d'Or is toegeken: een op die openingseremonie aan Michael Douglas en nog een aan Harrison Ford, net voor die wêreldwye première van Indiana Jones and the Dial of Destiny.
Die fees is geopen met Jeanne du Barry deur Maïwenn en afgesluit met Pixar se Elemental deur Peter Sohn.
Belangrikste rolprentpryse
Rolprent Regisseur Land Prys Anatomy of a Fall Justine Triet Frankryk Palme d'Or The Zone of Interest Jonathan Glazer UK, VSA, Pole Grand Prix Fallen Leaves Aki Kaurismäki Finland, Duitsland Jurieprys Inside the Yellow Cocoon Shell Pham Thien An Viëtnam, Singapoer, Frankryk, Spanje Caméra d'Or Norwegian Offspring Marlene Emilie Lyngstad Den Danske Filmskole, Denemarke Cinéfondation Monster Hirokazu Kore-eda Japan Queer Palm 27 Flóra Anna Buda Frankryk, Hongarye Kortfilm-Palme d'Or
Ander pryse Prys Wenner Rolprent Land Beste regisseur Tran Anh Hung The Taste of Things Viëtnam Beste draaiboek Yuji Sakamoto Monster Japan Beste akteur Kōji Yakusho Perfect Days Japan Beste aktrise Merve Dizdar About Dry Grasses Turkye
Verwysings
Eksterne skakels Fees se amptelike webtuiste
Kategorie:Cannes-rolprentfees