Die 77ste Cannes-rolprentfees het van 14 tot 25 Mei 2024 plaasgevind. Die Amerikaanse aktrise en rolprentvervaardiger Greta Gerwig was die voorsitter van die hoofjurie en die Kanadese akteur en rolprentvervaardiger Xavier Dolan-Tadros van die jurie vir Un Certain Regard. Die Amerikaanse fliekmaker Sean Baker het die Palme d'Or, die topprys, gewen met die komediedrama Anora.
Drie ere-Palme d'Or is toegeken: die eerste op die openingseremonie aan Meryl Streep; die tweede aan die animasieateljee Studio Ghibli; en die derde op die afsluitingseremonie aan George Lucas.
'n Paar dae voor die openingseremonie het feeswerkers begin staak. Die groep Platsak agter die Skerms (Frans: Sous les écrans la dèche) het 'n klagte openbaar gemaak oor die onsekere aard van rolprentfeeswerk.
Nadat amptelik bekend gemaak is dat The Seed of the Sacred Fig vir die hoofkompetisie gekies is, is die Iranse rolprentvervaardiger Mohammad Rasoulof tot agt jaar tronkstraf, 'n drag slae, 'n boete en beslaglegging van eiendom gevonnis op aanklag van "propaganda teen die regering". Akteurs en ander werkers is ondervra en druk is op hulle uitgeoefen om Rasoulof te oorreed om die prent van die fees te onttrek. Kort daarna het Rasoulof en 'n paar stelwerkers uit Iran na Europa gevlug en die rolprent se wêreldpremière op 24 Mei 2024 bygewoon. Op die rooitapyt het Rasoulof foto's van die akteurs Soheila Golestani en Missagh Zareh oomhoog gehou; hulle kon nie Iran verlaat nie omdat beslag gelê is op hulle paspoorte. Die prent het 'n staande ovasie van 12 minute gekry.
Die fees is geopen met die Franse komedie The Second Act deur Quentin Dupieux.
Belangrikste rolprentpryse
Rolprent Regisseur Land Prys Anora Sean Baker VSA Palme d'Or All We Imagine as Light Payal Kapadia Frankryk, Indië, Nederland, Luxemburg, Italië Grand Prix Emilia Pérez Jacques Audiard Frankryk, Mexiko Jurieprys Armand Halfdan Ullmann Tøndel Noorweë, Nederland, Duitsland, Swede Caméra d'Or Sunflowers Were the First Ones to Know... Chidananda S. Naik FTII Pune, Indië Cinéfondation Three Kilometres to the End of the World Emanuel Pârvu Roemenië Queer Palm The Man Who Could Not Remain Silent Nebojša Slijepčević Kroasië, Frankryk, Slowenië, Bulgarye Kortfilm-Palme d'Or
Ander pryse Prys Wenner Rolprent Land Beste regisseur Miguel Gomes Grand Tour Portugal Beste draaiboek Coralie Fargeat The Substance Frankryk Beste akteur Jesse Plemons Kinds of Kindness VSA Beste aktrise Adriana Paz, Karla Sofía Gascón, Selena Gomez en Zoe Saldaña Emilia Pérez Frankryk, Mexiko
Verwysings
Eksterne skakels Fees se amptelike webtuiste
Kategorie:Cannes-rolprentfees