Die 78ste Cannes-rolprentfees het van 13 tot 24 Mei 2025 plaasgevind. Die Franse aktrise Juliette Binoche was die voorsitter van die hoofjurie. Die Iranse fliekmaker Jafar Panahi het die Palme d'Or, die topprys, gewen met die rilprent It Was Just an Accident.

Twee ere-Palme d'Or is toegeken: een op die openingseremonie aan Robert de Niro en die tweede op kort kennisgewing aan Denzel Washington voor die wêreldpremière van Highest 2 Lowest.

'n Dag ná die aankondiging van die amptelike lys prente vir die fees, is die Palestyne fotojoernalis Fatima Hassouna, een van die hoofonderwerpe in die dokumentêr Put Your Soul on Your Hand and Walk deur Sepideh Farsi, saam met 10 lede van haar familie gedood in 'n Israeliese lugaanval op 16 April 2025 op hulle huis in Gaza. Die fees het 'n amptelike verklaring uitgereik om te simpatiseer en die voortdurende oorlog en geweld in Gaza te veroordeel. Op die fees se opening het meer as 350 regisseurs, akteurs en rolprentvervaardigers 'n brief onderteken om die moord op Hassouna en die voortdurende volksmoord in Gaza te veroordeel. Hulle sê onder meer: "Ons kan nie swyg terwyl 'n volksmoord in Gaza gepleeg word nie."

Op die laaste dag van die fees het 'n kragonderbreking wat deur brandstigting veroorsaak is, die oggend se vertonings onderbreek.

Die fees is geopen met die Franse komedie Leave One Day deur Amélie Bonnin.

Belangrikste rolprentpryse

Rolprent Regisseur Land Prys It Was Just an Accident Jafar Panahi Iran, Frankryk, Luxemburg Palme d'Or Sentimental Value Joachim Trier Noorweë, Frankryk, Duitsland, Denemarke, Swede, UK Grand Prix Sirāt Sound of Falling Oliver Laxe Mascha Schilinski Spanje, Frankryk Duitsland Jurieprys The President's Cake Hasan Hadi Irak, Katar, VSA Caméra d'Or First Summer Heo Gayoung KAFA, Suid-Korea Cinéfondation The Little Sister Hafsia Herzi Frankryk, Duitsland Queer Palm I'm Glad You're Dead Now Tawfeek Barhom Palestina, Frankryk, Griekeland Kortfilm-Palme d'Or

Ander pryse Prys Wenner Rolprent Land Beste regisseur Kleber Mendonça Filho The Secret Agent Brasilië Beste draaiboek Jean-Pierre en Luc Dardenne Young Mothers België Beste akteur Wagner Moura The Secret Agent Brasilië Beste aktrise Nadia Melliti ''The Little Sister Frankryk

Verwysings

Eksterne skakels Fees se amptelike webtuiste

Kategorie:Cannes-rolprentfees