Die 75ste Cannes-rolprentfees het van 17 tot 28 Mei 2022 plaasgevind. Die Franse akteur Vincent Lindon was die voorsitter van die jurie en die Franse aktrise Virginie Efira het die opening- en sluitingseremonie aangebied.
Die Sweedse rolprentvervaardiger Ruben Östlund het die Palme d'Or, die topprys, vir die tweede keer gewen met die komediedrama Triangle of Sadness. Die ere-Palme d'Or is aan die Amerikaanse akteurs Forest Whitaker en Tom Cruise toegeken, laasgenoemde op kort kennisgewing vir die internasionale première van Top Gun: Maverick.
Die fees het geopen met Final Cut deur Michel Hazanavicius. Dit was die eerste Cannes-fees wat nie deur die Covid-maatreëls in Frankryk gekniehalter is nie.
Belangrikste rolprentpryse
Rolprent Regisseur Land Prys Triangle of Sadness Ruben Ostlund Swede, Frankryk, UK, Duitsland Palme d'Or Close Stars at Noon Lukas Dhont Claire Denis België , Nederland, Frankryk Frankryk Grand Prix EO The Eight Mountains Jerzy Skolimowski Felix van Groeningen Pole, Italië Italië, België, Frankryk Jurieprys War Pony Riley Keough & Gina Gammell VSA Caméra d'Or A Conspiracy Man Valerio Ferrara Centro Sperimentale di Cinematografia, Italië Cinéfondation Joyland Saim Sadiq Pakistan Queer Palm The Water Murmurs Jianying Chen China Kortfilm-Palme d'Or
Ander pryse Prys Wenner Rolprent Land Beste regisseur Park Chan-wook Decision to Leave Suid-Korea Beste draaiboek Tarik Saleh Boy from Heaven Swede, Frankryk, Finland Beste akteur Song Kang-ho Broker Suid-Korea Beste aktrise Zar Amir Ebrahimi Holy Spider Denemarke, Swede, Frankryk, Duitsland Verwysings
Eksterne skakels Fees se amptelike webtuiste
Kategorie:Cannes-rolprentfees