Spressa delle Giudicarie is ’n Italiaanse kaas wat afkomstig is uit die streek van Trentino-Suid-Tirol. Die Spressa delle Giudicarie kan vars geëet word ná drie maande, terwyl rypwording langer as ses maande duur. Die kaas word in ’n silindriese vorm gemaak, ongeveer 25 cm in deursnee. Die kors is bruin, en die binnekant van die kaas is wit tot baie liggeel met klein tot medium-groot gate. Die kaas word dikwels geëet terwyl dit nog jonk is. Dit is ’n koeimelkkaas, meestal van die Rendena-ras, afkomstig van twee melkings, die aand- en die oggendmelking.
Oorspronklik is die melk gebruik om botter te maak. Die afgeroomde melk wat oorgebly het, is gebruik om kaas te maak.
Dit pas goed saam met plaaslike rooiwyn, soos Marzemino, uit suidelike Trentino.
Verwysings
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia Kategorie:Italiaanse kaas Kategorie:Koeimelkkaas