thumb|220px|Iñárritu in 2025 op die Cannes-rolprentfees.
Alejandro González Iñárritu (gebore 15 Augustus 1963), wie se naam sedert 2014 aangedui word as Alejandro G. Iñárritu, is 'n Mexikaanse rolprentvervaardiger wat veral bekend is vir die maak van moderne sielkundige dramarolprente oor die menslike toestand. Sy merkwaardigste prente sluit in Amores perros (2000), 21 Grams (2003), Babel (2006), Biutiful (2010), Birdman (2014), The Revenant (2015) en Bardo (2022). Sy werk het lof ontvang en pryse gewen, insluitend vyf Oscars.
Loopbaan In 2006 was Iñárritu die eerste Mexikaanse rolprentvervaardiger wat die prys vir beste regisseur gewen het, op die 72ste Cannes-rolprentfees. Hy was die eerste Mexikaanse rolprentvervaardiger wat in die geskiedenis van die Oscars benoem is vir regisseur of vervaardiger, sowel as die eerste een wat die prys vir beste oorspronklike draaiboek en beste prent gewen het.
In 2015 het Iñárritu die Oscar gewen vir beste regisseur vir Birdman (2014) en 'n jaar later het hy dieselfde prys vir The Revenant (2015) gekry. Hy was daarmee slegs die derde regisseur wat die prys twee jaar agtereenvolgens gewen het, ná John Ford en Joseph L. Mankiewicz.
Iñárritu het later 'n prestasie-Oscar gewen vir sy virtuele-werklikheid-projekCarne y Arena (Vleis en Sand) van 2017, die eerste VW-projek wat op die Cannes-rolprentfees aangebied is.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Rolprentregisseurs