thumb|300px|links|Die akteur Stellan Skarsgård en die direkteur van die Cannes-rolprentfees, Thierry Frémaux (op die agtergrond), by die prémiere van Last Words in Augustus 2020. Die prent sou op die fees gedraai het voordat die geleentheid weens Covid gekanselleer is.
Die 73ste Cannes-rolprentfees sou van 12 tot 23 Mei 2020 plaasgevind het. Die fees se bestuur het egter op 14 April 2020 aangekondig dat dit weens die Covid-pandemie nie in sy oorspronklike formaat kon plaasvind nie; alternatiewe metodes is ontgin. Dit is vir die eerste keer sedert 1968 gekanselleer.
Vroeër het die feesbestuur dit oorweeg om die geleentheid in Junie of Julie te hou en dit nie te kanselleer nie.
In middel Maart is die fees se belangrikste venue, die Grand Auditorium Louis Lumière, in 'n tydelike hawe vir dakloses omskep. In Mei 2020 is aangekondig geen fisieke weergawe van die geleentheid sou plaasvind nie, maar op 3 Junie is aangekondig 'n hersiene amptelike seleksie van prente sou plaasvind.
In September het die organiseerders aangekondig 'n beperkte buitelugfees met die vertoning van vier uitgesoekte amptelike prente, die Palme d'Or-kompetisie vir kortflieks en die Cinéfondation-kompetisie sou van 27 tot 29 Oktober plaasvind.Manori Ravindran, "Cannes Film Festival Plans Three-Day Special Event in October" . Variety, 28 September 2020. Die Critics' Week-program het ook 'n gratis aanlyn vertoning van sy kortfliekseleksie in Oktober aangekondig."Festival Scope presents the 2020 Critics' Week short films online" . Cineuropa, 22 October 2020.
Amptelike seksies Die amptelike seleksie is in subkategorieë verdeel, as regisseurs of genres, nie as mededingers nie. Hier volg van die belangrikstes:
Die getroues (of minstens een keer tevore gekies) Engelse titel Oorspronklike titel Regisseur(s) Land van vervaardiging Another Round Druk Thomas Vinterberg Denemarke DNA AND Maïwenn Frankryk Forgotten We'll Be El olvido que seremos Fernando Trueba Colombië The French Dispatch Wes Anderson VSA Heaven: To the Land of Happiness 헤븐: 행복의 나라로 Im Sang-soo Suid-Korea Home Front Des hommes Lucas Belvaux Frankryk, België In the Dusk Sutemose Šarūnas Bartas Litaue, Frankryk, Serwië, Tsjeggië, Letland Last Words Jonathan Nossiter Frankryk, Italië, VSA Lovers Rock Steve McQueen UK Mangrove Peninsula 반도 Yeon Sang-ho Suid-Korea The Real Thing 本気のしるし Kōji Fukada Japan Summer of 85 Été 85 François Ozon Frankryk True Mothers 朝が来る Naomi Kawase Japan
Die nuwelinge Engelse titel Oorspronklike titel Regisseur(s) Land van vervaardiging Ammonite Francis Lee UK, Australië Enfant Terrible Oskar Roehler Duitsland February Février Kamen Kalev Bulgarye, Frankryk A Good Man Marie-Castille Mention-Schaar Frankryk, België Here We Are הנה אנחנו Nir Bergman Israel, Italië Limbo Ben Sharrock UK Love Affair(s) Les Choses qu'on dit, les choses qu'on fait Emmanuel Mouret Frankryk Nadia, Butterfly Pascal Plante Kanada The Night Doctor Médecin de nuit Elie Wajeman Frankryk Red Soil Rouge Farid Bentoumi Frankryk, België Simple Passion Passion simple Danielle Arbid Souad سعاد Ayten Amin Egipte Sweat Magnus von Horn Swede, Pole TeddyLudovic en Zoran BoukhermaFrankryk
Kortflieks Die prente wat vir die kortprentkompetisie gekies is, is op 19 Junie aangekondig.Fabien Lemercier, "The short films vying for the Palme d’Or at Cannes unveiled" . Cineuropa, 19 June 2020. Ondanks die kansellasie van die algehele fees, is die kortprente aangekondig met 'n aanduiding dat 'n kompetisie steeds in die Noordelike herfs sou plaasvind. Die presiese datums en jurielede sou later aangekondig word. In September is aangekondig die kortprente sou as deel van die buitelugvertoning in Oktober gewys word.
Die Palme d'Or vir kortprente is aan Sameh Alaa toegeken vir I Am Afraid to Forget Your Face."Egyptian film wins a Golden Palm at the 2020 Cannes Film Festival" . Egypt Independent, October 30, 2020.
Engelse titel Oorspronklike titel Regisseur(s) Land van vervaardigingBenjamin, Benny, BenPaul ShkordoffKanadaBlue Fear Filles bleue, peur blancheMarie Jacotey, Lola Halifa-LegrandFrankrykCamille, ContactlessCamille sans contactPaul NouhetDavidZach WoodsVSA I Am Afraid to Forget Your FaceستاشرSameh AlaaEgipte, Frankryk, België, KatarThe Lamb of God O Cordeiro de DeusDavid Pinheiro Vicente Portugal, FrankrykMotorway65Evi KalogiropoulouGriekelandMountain CatShiluusLkhagvadulam Purev-OchirMongolië, UKSon of Sodom Theo Montoya Colombië, ArgentiniëStéphanieLeonardo van DijlBelgiëSudden Light Sophie Littman UK
Verwysings
Skakels Fees se amptelike webtuiste
Kategorie:Cannes-rolprentfees