Noa Noëll Lang (gebore 17 Junie 1999) is ’n Nederlandse professionele sokkerspeler wat as ’n linkervleuel of linkermiddelveldspeler speel vir die Turkse Süper Lig-klub Galatasaray, op lening van die Serie A-klub Napoli, en die Nederlandse nasionale span. Sy pa is Surinaams, terwyl sy ma Nederlands is.

Klubloopbaan Ajax Op 1 Desember 2019 het Lang die eerste Ajax-speler geword wat ’n driekuns aangeteken het in sy eerste Eredivisie-verskyning in 60 jaar, toe Ajax van ’n agterstand van twee doele teruggekom het om Twente met 5–2 te verslaan.

Later daardie maand het Lang sy eerste doel in die KNVB-beker vir Ajax aangeteken, toe hy die openingsdoel gescore het in ’n 4–3 weg-oorwinning teen Telstar in die tweede ronde.

In Januarie 2020, nadat Ajax Ryan Babel in Lang se posisie onderteken het, is hy vir die res van die 2019/20-seisoen aan Twente uitgeleen.

Club Brugge Op 5 Oktober 2020 het Ajax en Club Brugge ’n ooreenkoms bereik vir Lang om op lening na Brugge te verhuis, met ’n verpligting om die oordrag permanent te maak teen 1 Julie 2021.

Drie weke later het hy sy eerste doel vir die klub vanaf die strafskopmerk aangeteken in ’n nederlaag teen Oud-Heverlee Leuven.

Lang het gescore in Club Brugge se 3–0 oorwinning oor Zenit Sint Petersburg in hul voorlaaste UEFA Champions League-groepwedstryd op 2 Desember, wat hul hoop op kwalifikasie vir die uitklopfase lewendig gehou het.

Club Brugge kon egter slegs ’n 2–2 gelykop behaal in die finale wedstryd teen die Italiaanse klub Lazio en is na die Europa League vir die ronde van 32 geskuif.

Op 28 Januarie 2021, in sy eerste verskyning in ’n Brugge derby teen Cercle, het Lang die wen-doel aangeteken toe Club Brugge van 1–0 agter gekom het om 2–1 te wen.

Op 20 Mei het Lang gescore toe Brugge 3–3 gelykop gespeel het teen hul mededingers Anderlecht om die Belgiese Eerste Afdeling A-titel vir die vierde keer in ses jaar en die 17de keer algeheel te wen.

Lang was betrokke by 28 doelbydraes tydens sy eerste veldtog met Club Brugge, met 17 doele en 11 assists.

Op 17 Julie 2021 het Lang gescore in Club Brugge se 3–2 oorwinning oor Genk in die Belgiese Superbeker.

Op 15 September 2021 is hy aangewys as Speler van die wedstryd ná ’n 1–1 gelykop teen Paris Saint-Germain in die UEFA Champions League.

PSV Op 8 Julie 2023 het die Nederlandse klub PSV die ondertekening van Lang aangekondig op ’n vyfjaar-kontrak vir ’n klubrekordbedrag van €15 miljoen.

In sy eerste oefensessie het hy ’n besering opgedoen.

Sy eerste wedstryd vir die klub was die 2023 Johan Cruijff Schaal, wat hy beslis het deur die enigste doel aan te teken.

Napoli Op 17 Julie 2025 het Lang by die Serie A-klub Napoli aangesluit op ’n vyfjaar-kontrak vir ’n gerapporteerde bedrag van €25 miljoen.

Later daardie jaar, op 22 November, het hy sy eerste doel aangeteken in ’n 3–1 oorwinning oor Atalanta.

Lening aan Galatasaray Op 23 Januarie 2026 het Lang op lening by Galatasaray aangesluit tot die einde van die 2025/26 seisoen, met ’n opsionele koopopsie.

Op 17 Februarie 2026 het hy twee doele anngetekenj teen Juventus in die ronde van 16 van die Champions League.

Internasionale loopbaan Op 8 Oktober 2021 het Lang sy debuut vir die Oranje gemaak in ’n Wêreldbeker-kwalifiseringswedstryd teen Letland.

Lang is ingesluit in Nederland se finale groep vir die Wêreldbekertoernooi in Katar.

Verwysings

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Nederlandse sokkerspelers Kategorie:Geboortes in 1999 Kategorie:Lewende mense