Die 74ste Cannes-rolprentfees het van 6 tot 17 Julie 2021 plaasgevind nadat dit aanvanklik vir 11 tot 22 Mei 2021 geskeduleer is. Die Amerikaanse rolprentvervaardiger Spike Lee is genooi om die voorsitter van die jurie te wees, omdat die Covid-pandemie die vorige jaar planne verydel het dat hy die jurie sou lei. Die Franse aktrise Doria Tillier het die opening en afsluiting behartig.
Die Franse rolprentvervaardiger Julia Ducournau het die Palme d'Or gewen vir die rilprent Titane. Sy was maar die tweede vroulike regisseur wat die prys ontvang en die eerste een wat dit nie saam met 'n ander rolprentmaker ontvang het nie. (In 1993 het Jane Campion saam met Chen Kaige gewen).
Op die afsluitingseremonie het die voorsitter van die jurie, Spike Lee, per ongeluk die topwenner van die aand aan die begin van die seremonie aangekondig in plaas van aan die einde.
Die fees het geopen met Annette deur Leos Carax en afgesluit met OSS 117: From Africa with Love deur Nicolas Bedos.
Belangrikste rolprentpryse
Rolprent Regisseur Land Prys Titane Julia Ducournau Frankryk, België Palme d'Or A Hero Compartment No. 6 Asghar Farhadi Juho Kuosmanen Iran, Frankryk Finland, Estland, Rusland, Duitsland Grand Prix Ahed's Knee Memoria Nadav Lapid Apichatpong Weerasethakul Israel, Frankryk, DuitslandThailand, Colombië, UK, Frankryk, Duitsland, Mexiko, China, Taiwan, VSA, Switserland Jurieprys Murina Antoneta Alamat Kusijanović Kroasië, VSA, Brasilië Caméra d'Or The Salamander Child Théo Degen INSAS, België Cinéfondation All the Crows in the World Tang Yi Hongkong Kortfilm-Palme d'Or
Ander pryse Prys Wenner Rolprent Land Beste regisseur Leos Carax Annette Frankryk Beste draaiboek Ryusuke Hamaguchi & Takamasa Oe Drive My Car Japan Beste akteur Caleb Landry Jones Nitram VSA Beste aktrise Renate Reinsve The Worst Person in the World Noorweë
Verwysings
Eksterne skakels Fees se amptelike webtuiste
Kategorie:Cannes-rolprentfees