Die Vrouesokkerwêreldbeker 2019 (Frans: Coupe du Monde Féminine de la FIFA – France 2019; Engels: FIFA Women’s World Cup) is van 7 Junie tot 7 Julie 2019 in Frankryk beslis. Dit was die agtste vrouesokkerwêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse vrouesokkerwêreldkampioenskap wat deur FIFA aangebied word en die eerste in Frankryk. Frankryk het voorheen die Sokker-Wêreldbekertoernooie in 1938 en 1998 aangebied, waarmee dit ná Swede, die Verenigde State en Duitsland die vierde land geword het om ’n sokkerwêreldbekertoernooi vir beide mans en vroue aan te bied.

duimnael|links|upright|Die Vrouesokkerwêreldbekertrofee waarom meegeding is 24 nasionale vrouesokkerspanne het aan die Vrouesokkerwêreldbeker 2019 deelgeneem. Die spanne is in ses groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep en die vier beste derde-plek-spanne na die agtste eindrondte deurgedring het. Die verdedigende kampioen die Verenigde State het die trofee gewen nadat hulle Nederland geklop en sodoende hul vierde vrouewêreldbekertitel ingepalm het. Daarmee het hulle die eerste land geword wat vier vrouesokkerwêreldbekertitels kon wen. Swede het in die derde en Engeland in die vierde plek geëindig.

Die nasionale vrouesokkerspanne van Chili, Jamaika, Skotland en Suid-Afrika het vir die eerste keer aan ’n vrouesokkerwêreldbekertoernooi deelgeneem, maar hulle is almal reeds in die groepfase uitgeskakel. Dit was die laaste toernooi met die aantal van 24 nasionale vrouesokkerspanne; vir die daaropvolgende Vrouesokkerwêreldbeker 2023 in Australië en Nieu-Seeland is die aantal tot 32 vermeerder.

Toewysing Op 6 Maart 2014 het FIFA die bodproses vir die Vrouesokkerwêreldbeker 2019 begin. Belangstellende lande moes hul belangstelling teen 15 April 2014 aankondig en hul volledige boddokumente teen 31 Oktober 2014 indien.

Oorspronklik het vyf lande hul belangstelling aangekondig: Engeland, Frankryk, Nieu-Seeland, Suid-Afrika en Suid-Korea. Beide Engeland en Nieu-Seeland het hul belangstelling teen spertyd April 2014 aangekondig, maar in Junie 2014 is aangekondig dat albei lande met hul kandidatuur nie sou wou voortgaan nie. Suid-Afrika het sy belangstelling teen die sperdatum April 2014 aangekondig; maar later besluit om voor die finale sperdatum Oktober 2014 homself te onttrek. Beide Japan en Swede het ook hul belangstelling aangekondig, maar Japan het later besluit om op beide die Rugbywêreldbeker 2019 en die Olimpiese Somerspele 2020 te fokus, terwyl Swede pleks daarvan op die Europese o/17-toernooi gemik het. Beide Frankryk en Suid-Korea het amptelik hul kandidature begin deur hulle dokumente teen 31 Oktober 2014 in te dien.

Op 19 Maart 2015 is Frankryk amptelik as gasheer van die Vrouesokkerwêreldbeker 2019 aangewys. Dié besluit is deur FIFA se uitvoerende komitee gemaak. Daarmee het Frankryk ná Swede en Duitsland die derde Europese land geword wat ’n vrouesokkerwêreldbekertoernooi aangebied het en die vierde land om ’n sokkerwêreldbekertoernooi vir beide mans en vroue te huisves, aangesien die Sokker-Wêreldbekertoernooie in 1938 en 1998 ook in Frankryk beslis is. Intussen het Frankryk ook as gasheer van die Vrouerugbywêreldbeker 2014 en die Europese Sokkerkampioenskap 2016 opgetree.

Die stemming het as volg verloop: Stemming vir gasheer van die Vrouesokkerwêreldbeker 2019 Land Rondte 1 17 5

Kwalifisering 24 lande het aan die Vrouesokkerwêreldbeker 2019 deelgeneem.

duimnael|400px|Uitslag van die kwalifisering: SpanVerskynings by eindstrydeAgtereenvolgende deelnamesLaaste verskyningVorige beste prestasie3de12007Groepfase (2003, 2007)7de72015Kwarteindrondte (2007, 2011, 2015)8ste82015Naaswenner (2007)1ste1–Debuut8ste82015Kampioen (2003, 2007)5de42015Derde plek (2015)4de32015Vierde plek (2011)3de11999Kwarteindrondte (1991)1ste1–Debuut8ste82015Kampioen (2011)2de22015Agtste eindrondte (2015)7de72015Vierde plek (2003)2de22015Agtste eindrondte (2015)5de42015Groepfase (1991, 2007, 2011, 2015)8ste82015Kwarteindrondte (1999)8ste82015Kampioen (1995)1ste1–Debuut2de22015Groepfase (2015)1ste1–Debuut3de22015Agtste eindrondte (2003)8ste82015Naaswenner (2003)2de22015Groepfase (2015)8ste82015Kampioen (1991, 1999, 2015)7de22015Naaswenner (1999)

Stadions Wedstryde is in die volgende stede gespeel:

Lyon Parys Nice Rennes Parc Olympique Lyonnais(Stade de Lyon) Parc des Princes Allianz Riviera(Stade de Nice) Roazhon Park Kapasiteit: 57 900 Kapasiteit: 45 600 Kapasiteit: 35 100 Kapasiteit: 28 600 200px 200px 200px 200px Le Havre Stade Océane Kapasiteit: 24 000 200px Valenciennes Reims Montpellier Grenoble Stade du Hainaut Stade Auguste-Delaune Stade de la Mosson Stade des Alpes Kapasiteit: 22 600 Kapasiteit: 20 500 Kapasiteit: 19 300 Kapasiteit: 18 000 200px 200px 200px 200px

Formaat Die Vrouesokkerwêreldbeker 2019 is oor 31 dae tussen 24 verskillende lande oor 52 wedstryde beslis. Dit het op 7 Junie 2019 op die Parc des Princes in parys met die openingswedstryd tussen die gasheer Frankryk en Suid-Korea afgeskop. Die toernooi het geëindig op die Parc Olympique Lyonnais in Lyon op 7 Julie met die eindstryd tussen Nederland en die Verenigde State, waartydens die Verenigde State die Vrouesokkerwêreldbekertrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die Vrouesokkerwêreldbeker 2015 gebruik.

Kalender Die volgende tabel dui die Vrouesokkerwêreldbeker 2019 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.

+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseJunieVr7Sa8So9Ma10Di11Wo12Do13Vr14Sa15So16Ma17Di18Wo19Do20Vr21Seremonies | bgcolor=#d6325b|

|Groep A | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2

|Groep B | | bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 2

|Groep C

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 2

|Groep D

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2 | |Groep E

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2 |Groep F

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2 |UitklopfaseJunie/JulieSa22So23Ma24Di25Wo26Do27Vr28Sa29So30Ma1Di2Wo3Do4Vr5Sa6So7Seremonies

| bgcolor=#d6325b|Uitklopfase | bgcolor=#00cc33| 2 | bgcolor=#00cc33| 2 | bgcolor=#00cc33| 2 | bgcolor=#00cc33| 2 | | bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 2

| bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1

| bgcolor=#3399ff| 1 | bgcolor=#ffcc00| 1Verklaring

Groepfase Die Vrouesokkerwêreldbeker 2019 is deur 24 nasionale vrouesokkerspanne beslis. Vir die groepfase is die 24 deelnemende spanne in ses groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel: Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning; Een vir ’n gelykop; geen vir ’n nederlaag.

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee beste spanne en die vier beste derde-plek-spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.

Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit 16 wedstryde bestaan het: agt agtste eindstryde, vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.

Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het saam met die vier beste derde-plek-spanne na die uitklopfase deurgedring. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.

Wedstryde Kwalifiseer vir die uitklopfase.Uit die toernooi geskakel. Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 8 Desember 2018 op die La Seine Musicale in die Paryse voorstad Sèvres gehou.

Groepfase duimnael|Die loting vir die Vrouesokkerwêreldbeker 2019 is op 8 Desember 2018 op die La Seine Musicale in die Paryse voorstad Sèvres gehou 24 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep en die vier beste spanne van die ses derde plekke het na die uitklopfase deurgedring.

Groep A Land330071+69320163+36310224–23300318–70

Groep B duimnael|Wedstryd tussen Duitsland en Spanje Land330060+69311132+14311111±04300318–70

Groep C duimnael|Wedstryd tussen Australië en Italië Land320172+56320185+36320163+363003112–110

Groep D duimnael|Die Engelse nasionale vrouesokkerspan tydens die Vrouesokkerwêreldbeker 2019 Land330051+49311123–14302134–12301257–21

Groep E duimnael|Die Kameroense nasionale vrouesokkerspan tydens die Vrouesokkerwêreldbeker 2019 Land330062+49320142+26310235–23300315–40

Groep F Land3300180+189320173+46310225–333003120–190

Ranglys van die derde-plek-spanne LandGroepC320163+36B311110+14E310235–23A310224–23F310225–33D302134–12

Uitklopfase duimnael|Die Sweedse nasionale vrouesokkerspan nadat hulle die bronseindstryd om die derde plek teen Engeland gewen het duimnael|Die eindstryd tussen Nederland en die Verenigde State

Agtste eindrondte

Kwarteindrondte

Halfeindrondte

Klein finale (om die derde plek)

Eindstryd

Vrouesokkerwêreldkampioen 2019

FIFA se ranglys Ná die Vrouesokkerwêreldbeker 2019 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende vrouespanne geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger. Die ranglys vir die 2019-toernooi is soos gevolg:

duimnael|400px|Deelnemende spanne volgens ranglys:

Gasheerland Frankryk duimnael|Die Verenigde State se nasionale vrouesokkerspan nadat hulle die Vrouesokkerwêreldbeker 2019 gewen het RangSpanGroep 1 F 7 7 0 0 26 3 +23 21 2 E 7 6 0 1 11 5 +6 18 3 F 7 5 0 2 12 6 +6 15 4 D 7 5 0 2 13 5 +8 15 In die kwarteindrondte uitgeskakel 5 B 5 4 0 1 10 2 +8 12 6 A 5 4 0 1 10 4 +6 12 7 C 5 3 0 2 9 4 +5 9 8 A 5 2 1 2 7 7 ±0 7 In die agtste eindrondte uitgeskakel 9 C 4 2 1 1 9 6 +3 7 10 E 4 2 0 2 4 3 +1 6 11 B 4 1 1 2 4 4 ±0 4 12 D 4 1 1 2 3 5 −2 4 13 C 4 2 0 2 7 5 +2 6 14 B 4 1 1 2 1 3 −2 4 15 E 4 1 0 3 3 8 –5 3 16 A 4 1 0 3 2 7 −5 3 In die groepfase uitgeskakel 17 F 3 1 0 2 2 5 –3 3 18 D 3 0 2 1 3 4 –1 2 19 D 3 0 1 2 5 7 −2 1 20 E 3 0 0 3 1 5 –4 0 21 A 3 0 0 3 1 8 −7 0 22 B 3 0 0 3 1 8 −7 0 23 C 3 0 0 3 1 12 −11 0 24 F 3 0 0 3 1 20 −19 0

Meeste doele aangeteken Meeste doele aangeteken:

Rang Speler Doele 1 Ellen White 6 Alex Morgan 6 Megan Rapinoe 6 4 Sam Kerr 5 5 Cristiane 4 Wendie Renard 4 7 Sara Däbritz 3 Cristiana Girelli 3 Jennifer Hermoso 3 Rose Lavelle 3 Aurora Galli 3 Vivianne Miedema 3 Kosovare Asllani 3 Carli Lloyd 3 Rang Speler Doele 15 Marta 2 Eugénie Le Sommer 2 Lieke Martens 2 Lindsey Horan 2 Ajara Nchout 2 Lina Magull 2 Isabell Herlovsen 2 Sam Mewis 2 Valérie Gauvin 2 Alexandra Popp 2 Stina Blackstenius 2 Amandine Henry 2 Barbara Bonansea 2 Sofia Jakobsson 2

Verwysings

Eksterne skakels

fifa.com: FIFA Women's World Cup France 2019 rsssf.com: Women's World Cup 2019 (France)

Kategorie:Geskiedenis van Frankryk Kategorie:Sokkerkompetisies in Frankryk Kategorie:Sport in 2019 2019