thumb|200px|Die Majaglief vir ajaw. Ajaw of ahau ("heer") is 'n voor-Columbiaanse politieke Majatitel wat in inskripsies gevind word. Die woord is uit verskeie Majatale bekend, beide in klassieke en moderne weergawes. "Ajaw" is die gemoderniseerde spelling in die standaardhersiening van die Maja-ortografie. Dit is in 1994 deur Guatemala se Academia de Lenguas Mayas voorgestel en word nou wyd deur kenners aanvaar. Voorheen is dit meer dikwels as "ahau" geskryf.

In die Majaskryfstelsel kan die woord ajaw met óf 'n logogram óf lettergrepe geskryf word. In albei gevalle bestaan verskeie variasies.

Betekenis Ajaw het 'n lid van die leiersklas adellikes in 'n staat aangedui. Dit was nie tot een individu beperk nie en het beteken "leier", "heerser", "heer", "koning" of "koningin", na gelang van die individu. Omdat die ajaw godsdienstige rituele uitvoer het, het dit ook op 'n Majapriester gedui. Die variant kʼuhul ajaw ("goddelike heer") is gebruik vir 'n soewereine staatsleier, hoewel de omvang van die gebied en invloed wat 'n ajaw beheer het, aansienlik gewissel het. Die woorde kʼuhul ajaw is ook soms gebruik vir iemand wat in teorie die oorheersing deur 'n ander persoon, dinastie of staat erken het.

Vroegste aantekening Die argeologiese terrein Kʼo, wat met die Klassieke Majastad Holmul verbind word en vandag in Guatemala lê, spog hy het die graf van die heel eerste bekende Majaleier. Dit dateer van tussen 350 en 300 v.C. Die graf bevat die vroegste gebruik van die woord ajaw in die Majalaaglande.John Tomasic and Steven Bozarth (2011), New Data from a Preclassic Tomb at Kʼo, Guatemala. Kansas.academia.edu

Verwysings

Bronne

Skakels

Kategorie:Maja