Die Vrouesokkerwêreldbeker 2023 (Engels: 2023 FIFA Women’s World Cup; Maori: Ipu Wahine o te Ao Whīwha i 2023) is van 20 Julie tot 20 Augustus 2023 in Australië en Nieu-Seeland beslis. Dit was die negende vrouesokkerwêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse vrouesokkerwêreldkampioenskap wat deur FIFA aangebied word en die eerste in Oseanië. Dit was die eerste vrouesokkerwêreldbekertoernooi wat deur meer as een gasheerland aangebied is en ook die eerste wat deur verskeie konfederasies gehuisves is, aangesien Australië ’n AFC-lid is en Nieu-Seeland ’n OFC-lid. Daarbenewens was dit die eerste vrouesokkerwêreldbekertoernooi in die Suidelike Halfrond. Saam met die Vrouerugbywêreldbeker 2021 en die Vrouekrieketwêreldbeker 2022 was dit een van drie vername vrouewêreldbekertoernooie wat Nieu-Seeland binne drie jaar aangebied het; al drie behoort tot die gewildste en suksesvolste vrouesportsoorte in dié land.
duimnael|links|upright|Die Vrouesokkerwêreldbekertrofee waarom meegeding is 32 nasionale vrouesokkerspanne het aan die Vrouesokkerwêreldbeker 2023 deelgeneem. Die spanne is in agt groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die agtste eindrondte deurgedring het. Spanje het die trofee gewen nadat hulle Engeland geklop en sodoende hul eerste vrouewêreldbekertitel ingepalm het. Daarmee het hulle ná Duitsland ook die tweede land geword wat ’n sokkerwêreldbekertoernooi vir beide mans en vroue kon wen. Swede het in die derde en Australië in die vierde plek geëindig. Al vier die semifinaliste het voorheen nog nie ’n vrouesokkerwêreldbekertitel gewen nie, waardeur daar ’n nuwe vrouesokkerwêreldkampioen op die spel was.
Die nasionale vrouesokkerspanne van Filippyne, Haïti, Marokko, Panama, Portugal, die Republiek Ierland, Viëtnam en Zambië het vir die eerste keer aan ’n vrouesokkerwêreldbekertoernooi deelgeneem. Suid-Afrika het ook vir die Vrouesokkerwêreldbeker 2023 gekwalifiseer en die agtste eindrondte gehaal, waar hulle teen Nederland vasgeval het. Dit was die eerste toernooi met die nuwe aantal van 32 nasionale vrouesokkerspanne, wat verhoog is van die vorige 24 deelnemers tussen die vrouesokkerwêreldbekertoernooie van 2015 tot 2019.
Toewysing Op 19 Februarie 2019 het FIFA die bodproses vir die Vrouesokkerwêreldbeker 2023 begin. Belangstellende lande moes teen 15 Maart 2019 hul belangstelling aankondig en teen 16 April 2019 hul volledige boddokumente indien. Nadat FIFA op 31 Julie 2019 die toernooi na 32 spanne uitgebrei het, is die bodproses egter hersien. Daarna is ander belangstellende lande tot 16 Augustus tyd gegun om hul belangstelling aan te kondig, terwyl die voltooide bodregistrasie van nuwe belangstellende lande en die herbevestiging van vorige bieë teen 2 September afgehandel moes wees.
Oorspronklik het nege lande hul belangstelling aangekondig: Argentinië, Australië, Bolivië, Brasilië, Colombia, Japan, Suid-Korea (met ’n moontlike gesamentlike bod met Noord-Korea), Nieu-Seeland en Suid-Afrika. België het ná die nuwe sperdatum ook sy belangstelling aangekondig, maar het in September 2019, soos Bolivië, sy bod onttrek. Australië en Nieu-Seeland het later aangekondig dat hulle hul bieë tot een wou saamsmelt. Brasilië, Colombia en Japan het teen 13 Desember 2019 ook hul bieë ingedien. Beide Brasilië en Japan het in Junie 2020, voor die finale stemming, egter hul bieë onttrek.
Op 25 Junie 2020 is beide Australië en Nieu-Seeland deur FIFA as gesamentlike gasheerlande van die Vrouesokkerwêreldbeker 2023 aangewys. Dié besluit is deur FIFA se uitvoerende komitee gemaak, waartydens die seëvierende bod 22 stemme ontvang het, terwyl 13 vir Colombia se bod gestem het. Albei lande het voorheen nog nie ’n vername FIFA-toernooi gehuisves nie. Daarmee was dit ook die eerste vrouesokkerwêreldbekertoernooi wat deur meer as een land gehuisves is en die tweede vir beide mans en vroue, nadat die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 in Japan en Suid-Korea aangebied is. Daarbenewens was dit die eerste vrouesokkerwêreldbekertoernooi in die Suidelike Halfrond, die eerste vername FIFA-toernooi in Oseanië en die eerste FIFA-toernooi wat deur verskeie kondederasies gehuisves is (Australië is ’n AFC-lid, terwyl Nieu-Seeland aan OFC behoort). Australië het ook die tweede AFC-lid geword om ’n vrouesokkerwêreldbekertoernooi aan te bied, nadat beide die 1991- en 2007-toernooie in die Volksrepubliek China beslis is.
Australië en Nieu-Seeland het voorheen reeds verskeie vername sporttoernooie saam gehuisves soos die Rugbywêreldbeker 1987, asook die Krieketwêreldbeker 1992 en die Krieketwêreldbeker 2015. Die Vrouesokkerwêreldbeker 2023 was saam met die Vrouerugbywêreldbeker 2021 en die Vrouekrieketwêreldbeker 2022 een van drie vername vrouewêreldbekertoernooie wat Nieu-Seeland binne drie jaar aangebied het; al drie behoort tot die gewildste en suksesvolste vrouesportsoorte in dié land. Nadat beide die Vrouekrieketwêreldbeker en die Vrouerugbywêreldbeker weens die wêreldwye Covid-19-pandemie met een jaar uitgestel moes word, is al drie die toernooie binne een-en-'n-half jaar beslis. Gevolglik is beide die Vrouekrieket- en die Vrouerubgywêreldbeker in dieselfde jaar in Nieu-Seeland gehou.
Die stemming het as volg verloop: Stemming vir gasheer van die Vrouesokkerwêreldbeker 2023 Land Rondte 1 , 22 13
Kwalifisering 32 lande het aan die Vrouesokkerwêreldbeker 2023 deelgeneem.
duimnael|400px|Uitslag van die kwalifisering: SpanVerskynings by eindstrydeAgtereenvolgende deelnamesLaaste verskyningVorige beste prestasie4de22019Groepfase (2003, 2007, 2019)8ste82019Kwarteindrondte (2007, 2011, 2015)9de92019Naaswenner (2007)3de12015Agtste eindrondte (2015)2de12015Groepfase (2015)%de12007Kwarteindrondte (1991, 1995)9de92019Kampioen (2003, 2007)6de52019Derde plek (2015)1ste1–Debuut5de42019Vierde plek (2011)1ste1–Debuut4de22019Kwarteindrondte (1991, 2019)2de22019Groepfase (2019)9de92019Kampioen (2011)8ste82019Vierde plek (2003)1ste1–Debuut3de32019Naaswenner (2019)6de52019Groepfase (1991, 2007, 2011, 2015, 2019)9de92019Kwarteindrondte (1999)9de92019Kampioen (1995)1ste1–Debuut1ste1–Debuut1ste1–Debuut3de32019Agtste eindrondte (2019)2de22019Groepfase (2019)4de32019Agtste eindrondte (2015)9de92019Naaswenner (2003)2de12015Agtste eindrondte (2015)9de92019Kampioen (1991, 1999, 2015, 2019)1ste1–Debuut8ste32019Naaswenner (1999)1ste1–Debuut
Stadions Wedstryde is in die volgende stede gespeel:
Sydney, Nieu-Suid-Wallis Brisbane, Queensland Melbourne, Victoria Stadium Australia Sydney Voetbalstadion Langpark(Brisbane-stadion) Melbourne Reghoekige Stadion Kapasiteit: 75 784 Kapasiteit: 40 583 Kapasiteit: 49 461 Kapasiteit: 27 706 200px 200px 200px 200px Perth, Wes-Australië Adelaide, Suid-Australië Perth Ovaal Hindmarsh-stadion Kapasiteit: 18 727 Kapasiteit: 13 557 200px 200px Auckland, Noordeiland Wellington, Noordeiland Dunedin, Suideiland Hamilton, Noordeiland Edenpark Westpacstadion Forsyth Barr-stadion(Dunedin-stadion) Waikatostadion Kapasiteit: 43 217 Kapasiteit: 33 132 Kapasiteit: 25 947 Kapasiteit: 18 009 200px 200px 200px 200px
Formaat Die Vrouesokkerwêreldbeker 2023 is oor 32 dae tussen 32 verskillende lande oor 64 wedstryde beslis. Dit het op 20 Julie 2023 op Eden Park in Auckland met die openingswedstryd tussen die medegasheer Nieu-Seeland en Noorweë afgeskop. Die toernooi het geëindig op die Stadium Australia in Sydney op 20 Augustus met die eindstryd tussen Engeland en Spanje, waartydens Spanje die Vrouesokkerwêreldbekertrofee ingepalm het.
Kalender Die volgende tabel dui die Vrouesokkerwêreldbeker 2023 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.
+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseJulie/AugustusDo20Vr21Sa22So23Ma24Di25Wo26Do27Vr28Sa29So30Ma31Di1Wo2Do3Vr4Seremonies | bgcolor=#d6325b|
|Groep A | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2
|Groep B | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 2
|Groep C | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2
|Groep D
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2
|Groep E
| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2
|Groep F
| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2 | |Groep G
| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 2 | |Groep H
| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2 |UitklopfaseAugustusSa5So6Ma7Di8Wo9Do10Vr11Sa12So13Ma14Di15Wo16Do17Vr18Sa19So20Seremonies
| bgcolor=#d6325b|Uitklopfase | bgcolor=#00cc33| 2 | bgcolor=#00cc33| 2 | bgcolor=#00cc33| 2 | bgcolor=#00cc33| 2
| bgcolor=#00cc33| 2 | bgcolor=#00cc33| 2
| bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1
| bgcolor=#3399ff| 1 | bgcolor=#ffcc00| 1Verklaring
Groepfase Die Vrouesokkerwêreldbeker 2023 is deur 32 nasionale vrouesokkerspanne beslis. Vir die groepfase is die 32 deelnemende spanne in agt groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel: Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning; Een vir ’n gelykop; geen vir ’n nederlaag.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee beste spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.
Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit 16 wedstryde bestaan het: agt agtste eindstryde, vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.
Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het saam met die vier beste derde-plek-spanne na die uitklopfase deurgedring. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.
Wedstryde Kwalifiseer vir die uitklopfase.Uit die toernooi geskakel. Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 22 Oktober 2022 op die Aotea-sentrum in Auckland gehou.
Groepfase duimnael|Die loting vir die Vrouesokkerwêreldbeker 2023 is op 22 Oktober 2022 op die Aotea-sentrum in Auckland gehou 32 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep A Land312020+25311161+54311111±04310218–73
Groep B duimnael|Wedstryd tussen Australië en Ierland Land320173+46312032+15311125–34301213–21
Groep C duimnael|Wedstryd tussen Japan en Spanje Land3300110+119320184+463102311–83300318–70
Groep D Land330081+79320131+26310227–53300304–40
Groep E duimnael|Wedstryd tussen Nederland en die Verenigde State Land321091+87312041+35311121+143003012–120
Groep F duimnael|Wedstryd tussen Brasilië en Jamaika Land321084+47312010+15311152+343003311–80
Groep G Land330091+89311166±04310238–53301225–31
Groep H Land320142+26320126–46311183+54301214–31
Uitklopfase duimnael|Die halfeindstryd tussen Spanje en Swede