thumb|260px|Petrogliewe van Val Camonica, Italië; aanhangers van antieke ruimtevaarders glo dié figure beeld ruimtevaarders uit. thumb|260px|'n Mesopotamiese silinderseël.
Antieke ruimtevaarders (of antieke buiteaardse wesens) verwys na 'n skynwetenskaplike geloof, ook paleokontak genoem, dat intelligente buiteaardse wesens (buiteaardse ruimtevaarders) die Aarde in die oudheid of voorgeskiedenis besoek en kontak met die mens gemaak het. Voorstanders van die teorie glo dié kontak het die ontwikkeling van moderne kulture, tegnologie, godsdienste en menslike biologie beïnvloed.
'n Algemene geloof is dat die gode van die meeste (of alle) godsdienste 'n buiteaardse oorsprong het, en dat gevorderde tegnologieë wat hulle na die Aarde gebring het, deur die antieke mens as bewys van goddelike status vertolk is.
Akademici en argeoloë neem nie die idee dat antieke ruimtevaarders bestaan en die Aarde besoek het, ernstig op nie en beskryf sulke bewerings as skynargeologie of onwetenskaplik. Dit het nog geen geloofbare behandeling in vakgeskrifte ontvang nie.Harrold; "Noah's Ark and Ancient Astronauts: Pseudoscientific Beliefs About the Past Among a Sample of College Students;" The Skeptical Inquirer; vol 11.1; 1986: 61; Committee for the Scientific Investigation of Claims of the Paranormal; December 13, 2010. Wanneer voorstanders van die idee met bewyse probeer vorendag kom dat hulle reg is, word dit dikwels as versinsels afgemaak.Hines. T. Pseudoscience and the Paranormal. Prometheus Books, 2003. p. 304 Sommige skrywers en kenners glo ook teorieë oor antieke ruimtevaarders het rassistiese ondertone, omdat dit die prestasies en vermoëns van inheemse kulture oor die hoof sien.
Oorsig Verskeie terme word gebruik om na aansprake oor antieke ruimtevaarders te verwys, soos antieke buiteaardse wesens, antieke ufonoute, antieke ruimtevlieëniers, paleo- of skynkontak, ruimtevaarder- of buiteaardse gode, of paleo- of Bybelse SETI (soektog na buiteaardse intelligensie).
Mense wat in sulke antieke-ruimtevaarder-verhale glo, handhaaf dikwels die standpunt dat alle of sommige mense óf afstammelinge óf skeppings is van buiteaardse intelligensie wat in ’n stadium in die antieke verlede op die Aarde geland het. ’n Verwante idee is dat menslike kennis, godsdiens en kultuur van buiteaardse besoekers in antieke tye afkomstig is, in dié sin dat antieke ruimtevaarders as ’n “moederkultuur” opgetree het. Daarbenewens beweer voorstanders dikwels dat reisigers uit die buitenste ruim baie van die strukture op die planeet (soos die Egiptiese piramides en die Moai-klipkoppe van Paaseiland) gebou het of mense gehelp het om dit te bou. Voorstanders voer aan die bewys vir antieke ruimtevaarders spruit uit dokumentêre leemtes in historiese en argeologiese rekords, terwyl hulle argeologiese artefakte noem wat hulle, in teenstelling met hoofstroomverklarings, as anachronisties beskou en glo buite die tegniese vermoëns van die mense was wat dit gemaak het.
As ’n skynargeologie kry die idee aandag in randmedia van die sensasiepers, soos die History Channel-reeks Ancient Aliens. Sulke programme gebruik ’n sekere strategie om feite met fiksie te vermeng ten einde teorieë van ’n alternatiewe verlede te versprei, met uitdrukkings wat aansluit by witheerssugtige, nativistiese, imperialistiese, setlaarkoloniale en Christelike Identiteit-oortuigings wat op die verlede betrekking het. Die bekende voorstanders van antieke buiteaardse wesens verklaar hulle is deel van ’n onderdrukte minderheid akademici en dat “groot argeologie” saamsweer om hulle te ontmagtig.
Hulle fokus hoofsaaklik op monumentale argeologiese strukture en beweer dit kon slegs met buiteaardse ingryping gebou word. Die implikasie is dat die inheemse mense in die streke waar dié monumente voorkom, dit nie op eie stoom kon bou nie. Die Dakota/Lakota Sioux-skrywer Ruth H. Burns kritiseer egter in die tydskrif Atmos die idee dat buiteaardse wesens in die algemeen die standpunt van inheemse, nie-Europese volke ondersteun. Sy meen inheemse volke se verhale wat hulle oorsprong na buiteaardse wesens herlei, is deel van “inheemse uitwissing”, aangesien dit die standpunte van inheemse volke minimaliseer of geheel en al veronagsaam. Baie inheemse volke herlei hulle afkoms na “ster-mense” of soortgelykes: buiteaardse wesens wat as die stamouers van inheemse volke per definisie nie wit of “Aries” kan wees nie.
’n Algemene kenmerk in die verhale is dat die buiteaardse wesens wel as lig van velkleur of Aries in gelaatskleur uitgebeeld word, soos wat die prominente voorstander van antieke ruimtevaarders Erich von Däniken in sy grondliggende werk Chariots of the Gods? beweer het. Sommige voorstanders van antieke ruimtevaarders word dus met witheerssugtigheid verbind, hoewel hulle teorieë soms ook op Europese kulture toegepas word.
Argeoloë het voorheen die bestaan van dié uitspattige aansprake geïgnoreer. Vanweë die toenemende gewildheid van randteorieë het hulle egter omstreeks 2020 begin om via sosiale media aktief met die publiek in gesprek te tree om argeologiese hoofstroomstandpunte te bevorder. Die paar toegewyde wetenskaplikes wat wel menings oor die idees uitgespreek het, het dit almal verwerp. Carl Sagan het byvoorbeeld geskryf: “In die lang litanie van ‘antieke ruimtevaarder’-pop-argeologie het die gevalle wat oënskynlik interessant lyk, volkome redelike alternatiewe verklarings, of is dit verkeerd gerapporteer, of is dit eenvoudige verdigsels, bedrogstukke en verdraaiings.”
Geskiedenis van die geloof in antieke ruimtevaarders Paleokontakvertellings het die eerste keer in die vroeë wetenskapsfiksie van die laat 19de en vroeë 20ste eeu verskyn, insluitend die roman Edison's Conquest of Mars van 1898 en die werke van H.P. Lovecraft.Card 2018: p. 249 Die idee is in 1954 in alle erns deur die joernalis Harold T. Wilkins voorgestel. Dit het in die 1960’s in gewildheid toegeneem, hoofsaaklik danksy die ruimtewedloop en die sukses van Erich von Däniken se werke, hoewel dit ook beperkte oorweging as ’n ernstige hipotese ontvang het. Kritici het deur die 1970’s na vore gekom en Von Däniken se aansprake gediskrediteer. Ufoloë het die idee van die VVV-omstredenheid geskei. Teen die vroeë 1980’s was daar min oorblywende steun te vinde.
Shklovsky en Sagan thumb|200px|’n Japannese mensefiguur wat gemaak is tydens die Jōmon-tydperk (gedateer 1000–400 v.C.). thumb|220px|Votiefreliëf van die gevleuelde priester van Dudu wat in die Louvre, Parys, uitgestal word. thumb|200px|Die sarkofaagdeksel van Kʼinich Janaabʼ Pakal (Pakal die Grote), 'n ajaw van die Majastadstaat Palenque.
Carl Sagan was medeskrywer van die gewilde boek Intelligent Life in the Universe saam met die Sowjet-astrofisikus Iosif Shklovsky (Iosif Sjklofski), wat in 1966 gepubliseer is. In sy boek van 1979, Broca's Brain, het Sagan voorgestel dat hy en Shklovsky moontlik die golf boeke oor antieke ruimtevaarders van die 1970’s geïnspireer het, en het hy sy afkeer uitgespreek van “Von Däniken en ander onkritiese skrywers” wat blykbaar op hierdie idees voortgebou het, nie as versigtige spekulasies nie, maar as “geldige bewys van buiteaardse kontak”. Sagan het daarop gewys dat, hoewel baie legendes, artefakte en sogenaamde misplaaste artefakte ter ondersteuning van hipoteses oor antieke ruimtevaarders aangehaal word, “baie min meer as ’n terloopse vermelding werd is” en maklik met meer konvensionele hipoteses verklaar kan word. Sagan het ook sy vroeëre gevolgtrekking herhaal dat buiteaardse besoeke aan die Aarde moontlik, maar onbevestig en onwaarskynlik, is.
Erich von Däniken Erich von Däniken was in die laat 1960’s en vroeë 1970’s ’n leidende voorstander van hierdie hipotese, en het ’n groot gehoor bereik met die publikasie van sy topverkoper, Chariots of the Gods?, in 1968 en die opvolgwerke daarvan.
Volgens Von Däniken vereis sekere artefakte ’n gesofistikeerder tegnologiese vermoë vir hulle konstruksie as wat beskikbaar was in die antieke kulture wat dit gebou het. Von Däniken hou vol dié artefakte is gebou óf direk deur buiteaardse besoekers óf deur mense wat die nodige kennis van hierdie besoekers geleer het. Dit sluit Stonehenge, Pumapunku, die Moai van Paaseiland, die Groot Piramide van Giza en die antieke Bagdad- elektriese battery in.
Von Däniken skryf antieke kuns en ikonografie oor die wêreld heen beeld lug- en ruimtevoertuie, niemenslike maar intelligente wesens, antieke ruimtevaarders en artefakte van ’n anachronisties gevorderde tegnologie uit. Hy beweer ook geografies geskeide historiese kulture deel kunstemas, wat volgens hom op ’n gemeenskaplike oorsprong dui. Een voorbeeld is Von Däniken se vertolking van die sarkofaagdeksel uit die graf van Pakal die Grote, 'n antieke Majaheerser van Palenque. Von Däniken skryf dat die ontwerp ’n sittende ruimtevaarder voorstel. Die ikonografie en die gepaardgaande Majateks identifiseer dit egter as ’n portret van die heerser self met die Wêreldboom van die Majamitologie.
links|thumb|300px|Die sogenaamde “helikopterhiërogliewe”, by Abydos, Egipte. Die oorsprong van baie godsdienste word deur Von Däniken vertolk as reaksies op ontmoetings met ’n buiteaardse ras. Volgens sy siening het mense die tegnologie van die buiteaardse wesens as bonatuurlik beskou en die wesens self as gode. Von Däniken verklaar die mondelinge en geskrewe tradisies van die meeste godsdienste bevat verwysings na buiteaardse besoekers in die vorm van beskrywings van sterre en voertuie wat deur lug en ruimte reis. Een voorbeeld is Esegiël se openbaring, wat Von Däniken vertolk as ’n gedetailleerde beskrywing van ’n landende ruimteskip.
Von Däniken se hipoteses is in die VSA gewild gemaak ná die NBC-TV-dokumentêr In Search of Ancient Astronauts, aangebied deur Rod Serling, en die rolprent Chariots of the Gods.
Kritici voer aan Von Däniken het data verkeerd voorgestel, dat baie van sy aansprake ongegrond is en dat geen van sy kernstellings bevestig is nie."Erich von Däniken's Chariots of the Gods?: Science or Charlatanism?" ; Robert Sheaffer. Via Debunker.com; oorspronklik gepubliseer in NICAP UFO Investigator, Oktober/November 1974 Veral die Christelike kreasionistiese gemeenskap is hoogs krities oor die grootste deel van Von Däniken se werk. Die skrywer oor jong-aarde-kreasionisme Clifford A. Wilson het in 1972 Crash Go the Chariots gepubliseer, waarin hy probeer het om al die aansprake in Chariots of the Gods? te weerlê.
In Chariots of the Gods? verklaar Von Däniken met betrekking tot die Nazca-lyne: “Uit die lug gesien, was die duidelike indruk wat die 60 km lange vlakte van Nazca op my gemaak het dié van ’n vliegveld.” Aangesien hy besig was om bewys vir antieke buiteaardse wesens te soek, toon Von Däniken bevestigingsvooroordeel, aangesien hy die Nazca-lyne nie as mensgemaak beskou het nie totdat Chariots of the Gods? gepubliseer is. Hierdie etiese perspektief wat hy aanbied, kan maklik deur ’n leser wat met lugreise vertroud is, aanvaar word, en deur iemand met ’n beperkte kennis van die aard van die geogliewe. Verder, aangesien die meerderheid lesers van die boek nie opgelei is om artefakte uit antieke beskawings te vertolk nie, is hulle vertolking in ’n groot mate onderhewig aan Von Däniken se menings oor die artefakte. Kenneth L. Feder voer aan ’n leser wat die Nazca-lyne vir die eerste keer in ’n boek oor buiteaardse wesens sien, sal baie meer geneig wees om dié kenmerke met 'n buiteaardse oorsprong te verbind as met ’n beskawing wat op Aarde bestaan het.
In 1970 het Von Däniken erken die Nazca-lyne “kon op hulle reusagtige skaal uitgelê gewees het deur vanaf ’n model te werk met behulp van ’n koördinaatstelsel”.
Zecharia Sitchin Zecharia Sitchin se reeks The Earth Chronicles, wat begin met The 12th Planet, gaan oor Sitchin se unieke vertolking van antieke Sumeriese en Midde-Oosterse geskrifte, megalitiese terreine en artefakte van oor die wêreld.