Die Vrouesokkerwêreldbeker 2027 (Portugees: Copa do Mundo Feminina da FIFA 2027; Engels: FIFA Women’s World Cup) sal van 24 Junie tot 25 Julie 2027 in Brasilië beslis word. Dit sal die tiende vrouesokkerwêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse vrouesokkerwêreldkampioenskap wees wat deur FIFA aangebied word en die eerste in Suid-Amerika. Brasilië het voorheen die Sokker-Wêreldbekertoernooie in 1950 en 2014 aangebied, waarmee hulle ná Swede, die Verenigde State, Duitsland en Frankryk die vyfde land sal word om ’n sokkerwêreldbekertoernooi vir beide mans en vroue aan te bied. Daarbenewens sal dit ná die 2023-toernooi in Australië en Nieu-Seeland die tweede vrouesokkerwêreldbekertoernooi in die Suidelike Halfrond wees.
duimnael|links|upright|Die Vrouesokkerwêreldbekertrofee waarom meegeding sal word 32 nasionale vrouesokkerspanne (vier elk van Afrika en Noord-Amerika, ses van Asië, drie van Suid-Amerika, elf van Europa en een van Oseanië) sal aan die Vrouesokkerwêreldbeker 2027 deelneem. Die spanne sal in agt groepe verdeel word, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die agtste eindrondte sal deurdring. Dit sal die laaste toernooi met die aantal van 32 nasionale vrouesokkerspanne wees; vir die daaropvolgende Vrouesokkerwêreldbeker 2031 in Costa Rica, Jamaika, Meksiko en die Verenigde State is die aantal tot 48 vermeerder.
Toewysing duimnael|400px|FIFA-lede en hul stemme vir die kandidate: Toegelaat om te stem Onbevoeg om te stem Op 23 Maart 2023 het FIFA die bodproses vir die Vrouesokkerwêreldbeker 2027 begin. Belangstellende lande moes teen 21 April 2023 hul belangstelling aankondig en teen 8 Desember 2023 hul volledige boddokumente indien.
Oorspronklik het 14 lande lande hul belangstelling aangekondig, waarvan twee gesamentlike bieë was: België–Duitsland–Nederland, Brasilië, Chili, Italië, Meksiko, Denemarke–Finland–Noorweë–Swede–Ysland (Nordiese bod), Suid-Afrika en die Verenigde State. Chili, Italië, die Nordiese bod en Suid-Afrika het later hulle bieë onttrek, waarvan sommige op die daaropvolgende 2031-toernooi wou fokus. Die Meksikaanse Sokkervereniging het later sy bod met die Verenigde State s’n saamgesmelt. Hulle het saam met Brasilië en België–Duitsland–Nederland hulle boddokumente op 8 Desember ingedien. In April 2024, enkele weke voor die stemming, het Meksiko en die Verenigde State egter hulle bod onttrek en hulle wou op die 2031-toernooi fokus.
Op 17 Mei 2024 is Brasilië deur FIFA as gasheerland van die Vrouesokkerwêreldbeker 2027 aangewys. Dié besluit is deur FIFA se uitvoerende komitee gemaak, waartydens die seëvierende bod 119 stemme ontvang het, terwyl 78 vir België–Duitsland–Nederland se bod gestem het.
Die stemming het as volg verloop: Stemming vir gasheer van die Vrouesokkerwêreldbeker 2027 Land Rondte 1 119 , , 78
Kwalifisering duimnael|400px|Uitslag van die kwalifisering: Die volgende land het regstreeks vir die Vrouesokkerwêreldbeker 2027 gekwalifiseer. Later sal nog 31 lande aansluit.
(gasheer)
Stadions Wedstryde sal in die volgende stede gespeel word:
Rio de Janeiro, Rio de Janeiro Brasília, Distrito Federal Belo Horizonte, Minas Gerais Fortaleza, Ceará Estádio do Maracanã Estádio Nacional Mané Garrincha Estádio Mineirão Estádio Castelão Kapasiteit: 73 139 Kapasiteit: 69 910 Kapasiteit: 66 658 Kapasiteit: 57 867 200px 200px 200px 200px Porto Alegre, Rio Grande do Sul São Paulo, São Paulo Salvador da Bahia, Bahia Recife, Pernambuco Estádio Beira-Rio Arena Corinthians Arena Fonte Nova Arena Pernambuco Kapasiteit: 50 848 Kapasiteit: 48 905 Kapasiteit: 47 915 Kapasiteit: 45 440 200px 200px 200px 200px
Wedstryde Die wedstryde sal in twee fases opgedeel word, naamlik die groep- en die uitklopfase.
Groepfase 32 spanne sal aan die groepfase deelneem. Die twee beste spanne in elke groep sal na die uitklopfase deurdring.
Groep A Landn.v.t.00000000n.v.t.00000000n.v.t.00000000n.v.t.00000000
Groep B Landn.v.t.00000000n.v.t.00000000n.v.t.00000000n.v.t.00000000
Groep C Landn.v.t.00000000n.v.t.00000000n.v.t.00000000n.v.t.00000000
Groep D Landn.v.t.00000000n.v.t.00000000n.v.t.00000000n.v.t.00000000
Groep E Landn.v.t.00000000n.v.t.00000000n.v.t.00000000n.v.t.00000000
Groep F Landn.v.t.00000000n.v.t.00000000n.v.t.00000000n.v.t.00000000
Groep G Landn.v.t.00000000n.v.t.00000000n.v.t.00000000n.v.t.00000000
Groep H Landn.v.t.00000000n.v.t.00000000n.v.t.00000000n.v.t.00000000
Uitklopfase
Agtste eindrondte
Kwarteindrondte
Halfeindrondte
Klein finale (om die derde plek)
Eindstryd
Vrouesokkerwêreldkampioen 2027Eindstrydwenner
Verwysings
Eksterne skakels
fifa.com: 2027 FIFA Women’s World Cup rsssf.com: Women's World Cup 2027 (Brazil)
Kategorie:Geskiedenis van Brasilië Kategorie:Sokkerkompetisies in Brasilië Kategorie:Sport in 2027 2027