Willem Johannes Kolbe was 'n generaal tydens die Tweede Vryheidsoorlog wat die Bloemfontein-kommando gelei het en in bevel van die suidelike distrikte van Bloemfontein was. Hy is tydens die beleg van Kimberley as generaal aangestel, en was ook teenwoordig by gevegte by Paardeberg, Driefontein en Brandwaterkom. Hy was ook deel van De Wet se inval van die Kaapkolonie in Februarie 1901. Twee perde is onder hom doodgeskiet.
Vroeë lewe Kolbe is gebore op 9 Julie 1847 in die distrik Phillippolis. Sy grootvader was George Augustus Kolbe, 'n Duitse sendeling, en sy grootmoeder was Margaret Downing. Die grootvader se woonplek was Knapdaar, Burgersdorp. Van moederskan was sy grootvader W. J. van der Merwe van Sneeuwberg (Driefontein). Sy eie vader was J. G. E. Kolbe, en sy moeder Anna Jacoba van der Merwe. Die woonplaas was Onder-Leeuwberg, in die distrik Bloemfontein.
Sy vader, J. G. E. Kolbe, was 'n kommandant in die Basoetoe-oorlog van 1865.
Verwysings
Kategorie:Mense in die Tweede Vryheidsoorlog Kategorie:Geboortes in 1847