The Wild Adventures of Blinky Bill is 'n Australiese geanimeerde televisiereeks wat deur Andrew Collins, Richard Simmons en Steve Cooper geregisseer is. Die reeks is gebaseer op die boeke deur Dorothy Wall. Die première was op 5 Desember 2016 op 7TWO.

Karakters

Blinky Bill (stem van Cam Ralph) 'n 11 jaar oue koala wat die protagonis van die reeks is. Jacko Browing (stem van Akmal Saleh) 'n kraagkoggelmand wat Blinky se assistent en beste vriend is. Nutsy Koala (stem van Bridie Connell) 'n jong koala wat een van Blinky se vriende is. Mayor Wilberforce Cranklepot (stem van Peter McAllum) 'n tiranniese goanna wat die burgemeester van Greenpatch is. Juan Pablo (stem van Rupert Degas) 'n Paraguaanse papegaai. Bandi (stem van Rupert Degas) 'n bandicoot. Coot (stem van Cam Ralph) ander bandicoot. Mr. Wombat (stem van Jim Pike) 'n ou wombat en Blinky se mentor. Claude (stem van Ash Ricardo) 'n wildekat. Eddy (stem van Rupert Degas) – 'n Amerikaanse eekhoring. Robert (stem van Cam Ralph) 'n liervoël en een van Blinky se vriende. Marcia (stem van Charlotte Hamlyn) 'n buideldiermuis en een van Blinky se vriende. Sugar (stem van Bridie Connell) 'n suikereekhoring en een van Blinky se vriende. Spike (stem van Nathan Harvey) 'n mierystervark en een van Blinky se vriende. Mrs. Bill (stem van Beth Armstrong) 'n koala wat Blinky se ma is. Ms. Tibbins (stem van Beth Armstrong) 'n kiwi-voël wat 'n skoolonderwyser is. Bill Koala (stem van Jamie Croft) 'n koala wat Blinky se pa is. San Jorge (stem van Tin Pang) 'n kaketoe Roddy MacBill 'n koala wat Blinky se oom is. Uncle Jack 'n kraagkoggelmand wat Jacko se oom is. Doris Cranklepot 'n goanna wat Cranky se ma is. Whoogle 'n uil. Kev 'n koala. Mr. Owl 'n uil wat Whoogle se pa is. Priscilla 'n padda. Midge 'n sprinkaan.

Ontvangs

Resensies Emily Ashby van Common Sense Media het die reeks 4 uit 5 sterre gegee.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Australiese televisiereekse Kategorie:Engelse televisiereekse